George Herald

Eden 7’s en 10’s rugbyfees skop af in Rosemoor

-

Die ECRF (Eden Community Rugby Festival) is 'n jaarlikse toernooi oor twee naweke wat vir die eerste keer op 6 Oktober op Rosemoor-stadion afskop.

Die toernooi is die breinkind van Eddie Myners, die huidige Springbok vroueafrig­ter.

Die hooftema van die rugbyfees is

#No Gangs, No Drugs. Die doel is om die euwel van bendes en dwelms in gemeenskap­pe te beveg deur 'n goeie feestoerno­oi te vestig waar vanaf o.13’s tot senior vlak op 'n jaarlikse basis as 'n verenigde gemeenskap kan byeenkom. Die spanne sal vir die Branco du Preez-beker speel en elke span sal sy bes doen om eerste houer van die beker te wees.

Die toernooi gaan op streekbasi­s plaasvind wat dus verskillen­de gemeenskap­pe gaan verenig omrede spelers in een span sal speel.

George is opgedeel in vier streke:

Blanco en George;

Rosemoor, LeVallia, Urbansvill­e; Parkdene, Conville en Borcherds; Thembaleth­u en Pacaltsdor­p. Dan is daar spanne van Oudtshoorn, Mosselbaai, Heidelberg, Riversdal, Knysna en Plettenber­gbaai-streek.

Die streke sal elk die volgende spanne inskryf:

o.13, o.15 en o.18-sewespanne asook 'n senior mans 7’s-span en 10’s-span.

Myners sê na afloop van die eindronde op 15 Desember sal daar Eden-rugbyspann­e gekies word wat buite SWD gaan deelneem byvoorbeel­d Kaapstad 10’s en Wits 7’s-toernooi in Johannesbu­rg.

Daar sal ook heerlike vermaak vir jonk en oud wees.

Die ambassadeu­rs van die rugbyfees is die plaaslike Springbok 7’s-held, Branco du Preez en die oud-Springbok, Bevin Fortuin.

Hy sal ook as keurder optree saam met sy Springboks­panmaat Cecil Africa.

Die rugbyfees beloof om net groter en groter te raak en daar is reeds ’n paar besighede wat ingekoop het by die inisiatief. Hierdie is slegs die begin van veel groter projekte wat beplan word om die morele en etiese waardes in ons gemeenskap­pe te herstel.

Koördineer­ders in elke streek:

Darryl Koeries (Parkdene-streek) 083 396 1777

Earl Manie (Mosselbaai) 084 532 1180 Evan Davids (Blanco) 072 130 1207 Grasto Seconds (Rosemoor) 074 515 8649

Marius Heyens (Pacaltsdor­p) 073 159 0020

Maurice da Silva (Pacaltsdor­p) 072 938 0848.

Besighede of persone wat betrokke wil raak kan Myners skakel by 079 415 2044.

 ??  ?? Agter, van links: Carlo Heynes, Marius Heynes en Evan Davids. Voor saam met Branco du Preez (tweede van links) is Wilbur Fisher, du Preez, Eddie Myners, Christiano Heynes en Darryl Coeries.
Agter, van links: Carlo Heynes, Marius Heynes en Evan Davids. Voor saam met Branco du Preez (tweede van links) is Wilbur Fisher, du Preez, Eddie Myners, Christiano Heynes en Darryl Coeries.
 ?? Foto: Jannie Meyer ?? Jens Seeberger, van span Supporters, stuur ‘n aflewer in die vorige reeks af met Anthony Martin (links) en Johann Faber wat toekyk.
Foto: Jannie Meyer Jens Seeberger, van span Supporters, stuur ‘n aflewer in die vorige reeks af met Anthony Martin (links) en Johann Faber wat toekyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa