George Herald

Oud-Arende pak mekaar in eindstryd op Outeniquap­ark

- Andre Stander Jannie Meyer

‘n Riller is Saterdagmi­ddag op Outeniquap­ark op die spyskaart wanneer Progress en Barbarians van Mosselbaai mekaar in die finaal van die Premierlig­arugbykomp­etisie van die SWD die stryd aansê en die fokus sal baie op die twee skrumskake­ls wees wat beide voormalige Arende-spelers is.

Die voormalige Springbok-heelagter,

Bevin Fortuin, boorling van Blanco, wat in die 2005, 2006 en 2007 seisoene vir die Vrystaatse Cheetahs in die Curriebeke­r finale gespeel het, het die afgelope week aan die George Herald gesê: "Ek verwag ‘n bulstryd tussen Progress en Barbarians wat boaan die punteleer geëindig het.

"Op hierdie stadium het die afrigters reeds alles in die stryd gewerp om te sorg dat die spelers die finaal haal. In die opboufase die week wat die wedstryd voorafgaan het, is dit belangrik om die spelers se moraal hoog te hou, maar dis nou die spelers wat hulself moet bewys en hulself motiveer om voor ‘n groot skare van 10 000 mense op Outeniquap­ark op te draf. Op sigself is dit reeds ‘n groot eer om in die eindstryd in die Suid-Kaap te speel waar klubrugby kerngesond is en die gemeenskap begeesterd is oor rugby,” het hy gesê.

In die halfeindwe­dstryd het Progress vir Evergreens met 22-15 en Barbarians vir Crusaders met 54-34 geklop.

Die groot vraag op almal se lippe is of Progress, wat bo-aan die punteleer met 73 punte en ‘n punteversk­il van (+313) geëindig het, vanjaar die trofee vir die tweede jaar agtereenvo­lgens omhoog kan hou.

Progress het verlede jaar voor bykans

9 500 toeskouers vir Evergreens in die finaal met 24-15 geklop. Hulle het ook rede om wraak te neem nadat Barbarians hulle op 21 Julie in ‘n groepwedst­ryd op die Rosemoor-sportterre­in met 19-17 geklop het.

Albei spanne beskik oor bul agttalle. Die span wat sy kanse die beste benut behoort die knoop deur te haak.

Die spanne se skoppers na die pale Jade Roelfse (Progress) en Macdelin Saayman (Barbarians) se akkurate skopwerk behoort ‘n groot rol te speel in die uitslag van die wedstryd.

Die hoogtepunt van die wedstryd behoort agter die skrum te wees waar die oud-Arende skrumskake­ls, Mzo Dyantyi (Progress) en Morné Buis (Barbarians) mekaar die stryd aansê. Albei spelers beskik oor baie ervaring en kan hul spel goed afwissel en takties goed skop.

Die spanne se vleuels, Clinton Wagman en Fizell Fredericks (albei van Progress) en Justin Bhana en Curshwon Mono (Barbarians) is almal spoedvrate en behoort die groot skare op hul voete te hou met hul spoed en balvaardig­hede. Beide spanne beskik oor ‘n gedugte plaasverva­ngersbank wat ‘n groot impak in die tweede helfte van die wedstryd kan maak.

Moontlike spanne: Progress:

Cameron Lentoor, Clinton Wagman, Ethan Williams, Carlton-Dee Coeries, Fizell Fredericks, Jade Roelfse, Mzo Dyantyi (kaptein), Wendell Pondo, Chumani Kema, Jonathan Simons, André Barnardo, Justin Levendal, Elvin George, Brianton Booysen en Hendrik Kriek.

Wahlon Anthony, Justin Bhana, Jose Petersen, Kervin Taute, Curshwon Mono, Macdelin Saayman, Morné Buis, Alden Jones, Fernando Fourie, Danny Amsterdam, Winston Seconds, Shane Olckers,

Jose Cunha, Morné Makwayi, Vivian Groenewald.

In die tweede-liga finaal gaan ook die spanne van Progress en Barbarians mekaar die stryd aansê. In die uitspeelro­ndes het Progress vir Evergreens met 23-3 en Barbarians vir Heidelberg met 19-18 geklop.

Evergreens en Barbarians pak mekaar in die derde spanne se finaal. Evergreens het in die halfeindst­ryd vir Progress met 12-11 en Barbarians vir Groot-Brakrivier met 37-10 getroef.

 ??  ?? Die voormalige Springbok Bevin Fortuin.
Die voormalige Springbok Bevin Fortuin.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa