George Herald

Wedvluguit­slae

- OUTENIQUA POSDUIFKLU­B GEORGE POSDUIFKLU­B

Die George posduif-snellers het Saterdag weer vanaf Trompsburg gevlieg en moes sowat 535 km plat vlieg om hul hokke te bereik.

Die twee ope wedvlugte het in mooi weersomsta­ndighede plaasgevin­d.

Die eerste wedvlug is om 07:00 begin met die tweede wat 'n halfuur later gevolg het.

Klubuitsla­e: PROTEA POSDUIFKLU­B

Blue Stratos, wat 'n stillerige tyd agter die rug het, het weer sterk deurgekom in die eerste wedvlug deur vier plekke onder die eerste tien in te neem met Brand Hokke wat die ander wedvlug gebuit het.

Dit is egter nog steeds Brand Hokke wat die punteleer oorheers met Blue Stratos nou in die tweede plek.

Duiwe het oor die sowat 537 km teen 'n gemiddelde spoed van 73 km/h gevlieg.

Ope 1:

1, 3, 5 & 10 Blue Stratos; 2, 4, 8 & 9 Brand Hokke; 6 D&S Hokke; 7 Bruce Muller.

Ope 2:

1 & 2 Brand Hokke; 3 & 8 D&S Hokke; 4 & 10 Jeff & Marlene Lofts; 5, 6 & 7 Blue Stratos; 9 Bruce Muller.

Puntestand:

1 Brand Hokke 3025; 2 Blue Stratos 2602; 3 Bruce Muller 2102; 4 D&S Hokke 1405; 5 Jeff & Marlene Lofts 1135; 6 Fourie Hokke 870.

Na nog 'n uitstekend­e vertoning in die eerste ope wedvlug is Flip du Toit nou besig om met die punteleer weg te vlieg deur vier plekke onder die eerste tien in te oes.

Van Wyk Lofts het die ander wedvlug gebuit. Die wenduiwe was onderskeid­elik om 14:17:37 en 14:58:58 in hul hokke.

Die tien deelnemend­e duiweboere het onderskeid­elik 72 en 87 duiwe vir die twee wedvlugte gemandjie.

Ope 1:

1, 5, 6 & 10 Flip du Toit; 2 & 9 J&L Lofts; 3 Francois Marais; 4 Ben McLaughlin; 7 Stefan May; 8 Van Wyk Lofts.

Ope 2:

1 Van Wyk Lofts; 2 & 6 J&L Lofts; 3 Francois Marais; 4 & 5 Stefan May; 7 Deon & Tina Boshoff; 8 Ronnie Stevens; 9 Flip du Toit; 10 Ben McLaughlin.

1 Flip du Toit 951; 2 J&L Lofts 747; 3 Ronnie Stevens 734; 4 Van Wyk Lofts 648; 5 Stefan May 615; 6 Francois Marais 605; 7 Ben McGlaughli­n 267; 8 Van Wyk Lofts B 187; 9 Deon & Tina Boshoff 134; 10 Frana's Lofts 109; 11 Jan Gericke 27; 12 JF Janse van Rensburg 16.

Harm Venter en Leon van Rooyen het onderskeid­elik die twee ope wedvlugte gewen.

Van Rooyen lei ook op die punteleer met Venter kort op sy stertvere.

Die twee wenduiwe was onderskeid­elik om 14:19:48 en 16:06:25 tuis.

Die twee deelnemend­e duiweboere het gesamentli­k 20 duiwe vir elke wedvlug ingeskryf.

Ope 1:

1, 2, 5, 6 & 9 Harm Venter; 3, 4, 7, 8 & 10 Leon van Rooyen.

Ope 2:

1, 2, 5, 7 & 10 Leon van Rooyen; 3, 4, 6, 8 & 9 Harm Venter.

1 Leon van Rooyen 812; 2 Harm Venter 802; 3 Springbok Racing PI 752; 4 Hugo Jordaan 234; 5 Lady Cate Loft 156; 6 Willem Zeelie 127.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa