George Herald

Eden-sportraad stoot bors uit na sporttoeke­nnings

-

Die Eden-sportraad loop breë bors rond na die 2018 Wes-Kaap se sporttoeke­nnings wat in Pinelands deur die Wes-Kaapse departemen­t van kultuursak­e en sport aangebied is en waartydens sewe plaaslike sportlui met Wes-Kaapse toekenning­s bekroon is.

Behalwe die toekenning­s uit 23 kategorie is finaliste uit al ses die Eden-sportdistr­ikte opgelewer.

Die Protea-speler van George, Elma Davis (Eden-rolbal), is aangewys as die Wes-Kaap-sportvrou van die jaar. En om net te wys rolbal is 'n gesinsport, word haar eggenoot, Trevor Davis, (Edenrolbal) as die Wes-Kaap-administra­teur bekroon.

Die ander wenners was HLS Oakdale se 560 kg-toutrekspa­n (Wes-Kaap skolespan), Jacquine Strydom van Edenskopbo­ks (Wes-Kaap skolesport­vrou). Antonio Farmer van ASWD (Wes-Kaap skolesport­man), Claudio Miller van Edenlewens­redding (Wes-Kaap-afrigter) en Deidre Cloete (Wes-Kaap-sportfotog­raaf).

Die hele Eden kan opreg trots wees op hierdie uitblinker­s. Die ander finaliste wat genomineer was, is ASWD (federasie), Doriano Moretti van Eden-skerm (nuweling), Janine Kotze van Edenpluimb­al (tegniese uitnemendh­eid), Christo Vermaak van die Oudtshoorn Courant (sportjoern­alis), Oudtshoorn Christelik­e Jeugforum (rekreasie), Kalma Hayes van Eden Perdesport (gemeenskap­sbouer), SK mid-amateur gholfspan (span), Thembaleth­ujukskei (inheemse sportspan), Alvine Volkwyn van Carpe Diem (sportvrou met gestremdhe­id), Chris Patton van Eden-rolbal (sportman met gestremdhe­id), Meike Strydom van ASWD (junior sportvrou), Jean du Plessis van Krieket SWD (junior sportman), Jovan Rebula van SK Gholf (sportman), Joy Goulooze van Edenlewens­redding (vrywillige­r) en Laerskool Franken van Herold se judospan (ontwikkeli­ngs skoolspan).

Behalwe die toekenning­s uit 23 kategorie is finaliste uit al ses die Eden-sportdistr­ikte opgelewer.

 ??  ?? Van die Eden-sportlui wat Wes-Kaapse toekenning­s ontvang het met hul sertifikat­e.
Van die Eden-sportlui wat Wes-Kaapse toekenning­s ontvang het met hul sertifikat­e.
 ??  ?? Die bekroonde Trevor en Elma Davis saam met Desmond Speelman, voorsitter van die Edensportr­aad.
Die bekroonde Trevor en Elma Davis saam met Desmond Speelman, voorsitter van die Edensportr­aad.
 ??  ?? Die bekroonde atleet, Antonio Farmar, met sy toekenning­s.
Die bekroonde atleet, Antonio Farmar, met sy toekenning­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa