George Herald

Ses Eden-driekamper­s na Ysterman

-

Altesaam ses van Eden-triathlon se driekampat­lete is ingeskryf om hierdie naweek deel te neem aan die Isuzu Ysterman 70.3 Wêreldkamp­ioenskappe, wat in Port Elizabeth aangebied word.

In die vrouewedlo­op, wat op 1 September plaasvind, sal Eden verteenwoo­rdig word deur Tina van Wyk, Mellusca Toovey, Eileen Ketterer en Chrissie Viljoen en in die manswedloo­p op 2 September deur JC Visser en Grant Lindeque.

Wat die geleenthei­d geskiedkun­dig maak is die feit dat dit die eerste keer sal wees dat ‘n Ysterman Wêreldkamp­ioenskap op die

Afrika kontinent sal plaasvind.

Die byeenkoms is een van die hoogtepunt­e op die internasio­nale driekamp kalender met meer as

4 600 atlete vanuit meer as 90 lande wat vanjaar daaraan sal deelneem.

Die Ysterman 70.3 staan ook bekend as die ‘half-ysterman’ met die afstande van die verskillen­de dissipline­s uit die helfte van die standaard ysterman se afstande soos 1,9 km-swem, 90 km-fietsry en 21,1 km-padloop.

Die totale afstand kom neer op 113 km of 70.3 myl.

Die afsnytyd is 8 ure en 30 minute.

Die voorsitter van Eden-triathlon, Gerhard Liebenberg, het al die Eden-atlete sterkte toegewens vir die geleenthei­d.

"Mense besef nie altyd hoeveel en watter harde werk atlete moet insit om op daardie vlak te kan kompeteer nie," het hy gesê.

Vir Liebenberg het self ‘n groot eer te beurt geval deurdat hy genooi is om by die geleenthei­d as tegniese beampte op te tree.

Vir verdere driekamp- en dubbelkamp nuus, besoek Edentriath­lon se Facebook-blad of kontak Corné Hattingh by 083 289 2544 of edentriath­lon@gmail.com.

 ?? Foto: Deidre Cloete ?? Vyf van die atlete wat aan die byeenkoms gaan deelneem is van links: Mellusca Toovey, Grant Lindeque, Tina van Wyk, JC Visser, Eileen Ketterer en Chrissie Viljoen. Afwesig: Chrissie Viljoen.
Foto: Deidre Cloete Vyf van die atlete wat aan die byeenkoms gaan deelneem is van links: Mellusca Toovey, Grant Lindeque, Tina van Wyk, JC Visser, Eileen Ketterer en Chrissie Viljoen. Afwesig: Chrissie Viljoen.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa