George Herald

‘Kom net huis toe’

- Eugene Gunning

“Ek gaan my ouers baie mis. Hulle was alles in my lewe.” Só het ‘n hartseer Yoline Jordaan (21) aan die George Herald vertel oor die tragiese dood van haar ouers Ivin (42) en Yolande

(40) in ‘n motorongel­uk Saterdagaa­nd. Yoline is die egpaar se enigste kind.

Die ongeluk het omstreeks 22:19 in Knysnaweg naby Le Vallia plaasgevin­d en is slegs ‘n paar kilometer van die egpaar se huis.

Die Jordaans was ‘n baie intieme familie en gewild in die gemeenskap. Ivin was ‘n werknemer van die departemen­t korrektiew­e dienste en almal het hom en sy rooi motor geken.

Yoline het vanjaar ‘n B.Com Rekeningku­nde-graad verwerf.

Toe sy daarna vir ‘n werksonder­houd gaan, het haar pa haar gehelp met haar CV en haar ma het haar advies gegee oor watter klere sy moes aantrek. Hulle het haar na die onderhoud geneem. Die aand toe sy hoor haar aansoek was suksesvol, het hulle almal saam in haar vreugde gedeel en ‘n braai gehou.

Yoline het die week vertel dat haar pa Saterdag omstreeks 14:00 haar ma by die huis kom haal het. Hulle het vir vriende in Blanco gaan kuier. Aanvanklik sou haar ma nie saamgegaan het nie.

“My pa het altyd hard en vinnig geklop. Ons het Saterdag nog so daaroor gespot.

“Ek het nog vir hulle gesê ek weet nie wie julle vriende is en waarheen julle gaan nie. Julle moet net huis toe kom.” Dit was die laaste keer dat sy hulle gesien het.

“My ouers kom gewoonlik teen 23:00 huis toe. Ek het flieks gekyk en omstreeks 22:00 aan die slaap geraak. Tussen 23:00 en 00:00 het ek wakker geword van ‘n geklop aan die deur. Ek het nog gedink dis my ouers.”

Sy het gaan oopsluit en twee polisieman­ne gesien.

“Hulle wou weet wie woon hier.”

Die polisieman­ne is na haar oom en tannie wat langsaan woon. Steeds het sy niks vermoed nie. Na ‘n rukkie het een van die polisieman­ne teruggekee­r en vertel dat haar ouers in ‘n motorongel­uk was.

Haar tannie Sarah, haar ma se suster, het later vir haar kom vertel dat haar ouers gesterf het.

“Alles het so onwerklik gevoel. Dit het die hele tyd deur my kop gemaal: dit kan nie waar wees nie.”

Sy het egter nou berusting gevind. “Ek besef hulle is dood en sal nooit weer terugkom nie.”

Baie vrae is daar wel in haar gemoed. “Ek wil weet wat in die ongeluk gebeur het en die reg moet nou sy loop neem. Dit help nie om verbitterd te wees nie.”

Gelukkig is daar goeie herinnerin­ge van haar ouers. “Wat ek vandag is, is aan hulle te danke. Hulle het my ‘n goeie opvoeding gegee.”

Die begrafnis by die huis begin Saterdag om 09:00. Eers vind die besigtigin­g plaas en om 10:00 die diens by die huis. Om 11:00 is die diens by die VGK in Rosemoor. Alle belangstel­lendes is welkom.

‘n Troosdiens vind vandag, Donderdag 25 Oktober, by die departemen­t korrektiew­e dienste plaas. Johan Pienaar, woordvoerd­er van korrektiew­e dienste SuidKaapse bestuursar­ea, het gesê Jordaan het in die afdeling gemeenskap­skorreksie­s van korrektiew­e dienste in George gewerk. “Hy was ‘n gewaardeer­de en ‘n geliefde kollega.”

Polisie-ondersoek

‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat Jordaan in die rigting van Pick n Pay gery het. Jordaan het na bewering regs gedraai na die Engen-garage, toe ‘n Toyota Hilux sy voertuig aan die linkerkant getref het.

Die bestuurder (36) van die Toyota Hilux is op die toneel aangekeer.

Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het gesê die bestuurder is Maandag voorlopig vrygelaat hangende die uitslae van bloedtoets­e en ‘n lykskouing­sverslag. Bloedmonst­ers is van die man geneem om vas te stel wat die alkoholvla­kke tydens die ongeluk was.

Die bloedmonst­ers is na die polisie se regsmedies­e-laboratori­um in Kaapstad gestuur.

Die man sal moontlik later in die hof op aanklag van strafbare manslag en dronkbestu­ur verskyn.

Alles het so onwerklik gevoel. Dit het die hele tyd deur my kop gemaal: dit kan nie waar wees nie.

 ??  ?? Die ongeluksto­neel. INLAS: Ivin Jordaan wat by korrektiew­e dienste in George gewerk het.
Die ongeluksto­neel. INLAS: Ivin Jordaan wat by korrektiew­e dienste in George gewerk het.
 ??  ??
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Yoline Jordaan (22) met ‘n foto van haar ouers en haarself.
Foto: Eugene Gunning Yoline Jordaan (22) met ‘n foto van haar ouers en haarself.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa