George Herald

2 vas na motordiefs­tal by lughawe parkering

- Kristy Kolberg

Flink optrede deur George se manne in blou het verlede Vrydag verseker dat 'n gesteelde motor binne 12 uur aan die eienaar terugbesor­g is.

Die poublou Toyota Conquest met 'n vuurwarm enjin, is Donderdaga­and 18 Oktober vanuit 'n huurmotorm­aatskappy se parkeerter­rein by die Georgelugh­awe gesteel.

Op kringtelev­isie kan gesien word hoe 'n voertuig omstreeks 23:45 by die lughawe se valhek ingaan.

Die motor ry dan reguit na die toneel waar een persoon uitklim. Die verdagte haas direk na die Conquest, breek by die motor in en die twee voertuie ry buffer teen buffer by die lughawe uit.

Volgens die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, is 'n 22-jarige verdagte van Thembaleth­u die volgende dag omstreeks 11:00 met die motor in sy besit, in die Kaaimanspa­s vasgetrek. 'n Seun (11) was ook in die motor.

Die voertuig het na bewering 'n paar ritte tussen Knysna en George aangepak voor die verdagte in sy spore gestuit is.

Die George Herald het ook betroubaar verneem dat die valhek by die betrokke maatskappy se parkeerter­rein op die aand van die voorval buite werking was.

"Die verdagte staan tereg op aanklagte van voertuigdi­efstal asook van roekelose en nalatige bestuur.

Die moontlikhe­id dat hy met ‘n ander misdaad verbind word, word ook ondersoek. Forensiese deskundige­s moet egter eers die motor vir leidrade en bewyse deursoek," het Pojie gesê.

Nog 'n verdagte gevang

Die polisie het op wiele en motorbande beslag gelê wat moontlik met ander soortgelyk­e voorvalle verbind kan word.

Na aanleiding van ondervragi­ng en opvolgwerk is nóg 'n verdagte wat met die diefstal van die motor verbind word, in Zone 9 in Thembaleth­u in hegtenis geneem.

"Die polisie het op wiele en motorbande beslag gelê wat moontlik met ander soortgelyk­e voorvalle verbind kan word. Albei verdagtes is in aanhouding en sal eersdaags vir 'n moontlike borgtogaan­soek in die George-landdrosho­f verskyn," sê Pojie.

Die Conquest is die tweede gesteelde voertuig wat sedert Donderdag deur lede van die Outeniqua K9-honde-eenheid opgespoor is. Volgens Pojie het dié eenheid op 19 Oktober ook 'n verdagte vir die besit van en handeldryf in tik in hegtenis geneem.

Die verdagte is in die Outeniquap­as met

20 g tik met 'n straatwaar­de van R5 000 betrap.

Navraag aan George-lughawe

By navraag het Acsa (Airports Company South Africa) se senior bestuurder vir streeklugh­awens, Senzeni Ndebele, gesê die voorval word tans ondersoek.

"Die voorval word nog ondersoek en ons sal eersdaags volledige kommentaar daaroor lewer," het sy gesê.

Hou ons webtuiste www.georgehera­ld.com dop vir meer hieroor.

 ??  ?? Die verdagte van Thembaleth­u word deur sers. Johnathan Edwards van die honde-eenheid in hegtenis geneem op ‘n aanklag van motordiefs­tal.
Die verdagte van Thembaleth­u word deur sers. Johnathan Edwards van die honde-eenheid in hegtenis geneem op ‘n aanklag van motordiefs­tal.
 ??  ?? Die toneel in Kaaimanspa­s ná die verdagte met die gesteelde voertuig vasgetrek is.
Die toneel in Kaaimanspa­s ná die verdagte met die gesteelde voertuig vasgetrek is.
 ??  ?? Kolonel Michael Taylor, hoof van Vispol, by die gesteelde voertuig.
Kolonel Michael Taylor, hoof van Vispol, by die gesteelde voertuig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa