George Herald

Lyk langs see-pad gekry

- Kristy Kolberg

Die Pacaltsdor­p-polisie het ‘n moorddossi­er geopen ná die liggaam van ‘n onbekende man in sy dertigs Dinsdagogg­end in Groothoek, ‘n gewilde hengelplek op die Hansmoeskr­aalpad naby Pacaltsdor­p, gevind is.

Die lyk is tydens ‘n roetine patrollie deur plaaslike polisieled­e, in die bosse langs die pad gevind. Die oorledene het kopbeserin­gs gehad, wat moontlik deur ‘n stomp voorwerp veroorsaak is.

Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, is die man se identiteit nog nie bekend nie.

“’n Lykskouing sal eersdaags gedoen word om die moontlike oorsaak sy dood te bepaal,” sê hy.

Die man was gekleë in ‘n donkerblou broek, swart trui en ‘n paar Nike-tekkies.

Enigiemand met inligting rondom die voorval kan adjudant-offisier William van Schalkwyk by

044 8039101 skakel.

 ??  ?? Die man se lyk word deur forensiese patoloë weggeneem vir ‘n nadoodse ondersoek.
Die man se lyk word deur forensiese patoloë weggeneem vir ‘n nadoodse ondersoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa