George Herald

Sosiale media is handig, maar wees versigtig

- Eugene Gunning

Die gebruik van sosiale media deur munisipale amptenare is nie noodwendig negatief nie, maar hulle moet versigtig wees hoe hulle dit gebruik. Dit was die boodskap van Annalene de Beer, direkteur korporatie­we dienste van die Stellenbos­ch-munisipali­teit, tydens die Instituut vir munisipale amptenare en administra­tors van Suid-Afrika (IMASA) se konferensi­e wat by die Oubaai Hotel in George (Heroldsbaa­i) gehou is.

IMASA is ‘n sambreelor­ganisasie vir munisipale administra­tiewe amptenare. Munisipale amptenare van stede en dorpe in al nege provinsies het die konferensi­e bygewoon en koppe bymekaar gesit oor die pad vorentoe.

De Beer, een van die gasspreker­s, het gesê die landskap het die afgelope paar jaar dramaties verander met die vestiging van sosiale media.

Sy het daarop gewys dat alles wat iemand op sosiale media deel, is vir altyd in die openbaar. Nuus versprei vinnig. Slegte nuus versprei vinniger en sosiale media is soos ‘n veldbrand.

Sosiale media is ‘n magtige stukkie gereedskap. Ongelukkig is daar negatiewe aspekte. Sy het verwys na “fake news”.

“Mense moet besef hulle het nie altyd beheer oor die nuus wat versprei word nie. Munisipale amptenare moet in gedagte hou hulle is staatsampt­enare en onderhewig aan streng gedragskod­es. So moet hulle byvoorbeel­d te alle tye optree in die belang van hul werkgewer. Hulle is 24 uur van die dag staatsampt­enare en dit hou nie op as hulle huis toe gaan nie.”

Sy het gewaarsku iemand loop gevaar om uit diens ontslaan te word as hy/sy iets negatiefs op sosiale media plaas.

Gerrit Pretorius, speaker van die Georgestad­sraad, het namens die burgemeest­er, die verwelkomi­ng gedoen. Hy het gesê dienslewer­ing is die hart van munisipali­teite en dat munisipale amptenare die ruggraat is van munisipali­teite.

Edward Jantjies, direkteur korporatie­we dienste van die Mosselbaai-munisipali­teit, het verwys na die talle uitdagings waarvoor munisipali­teite te staan kom. Dit sluit in bedrog, swak of geen regering en raadslede wat nie bevoeg is nie.

Daar is ook baie ongelukkig­e mense en amptenare het daagliks te doen met onrus. Onrus word erger. Betogers verniel nie net meer munisipale kantore nie, maar ook infrastruk­tuur in gemeenskap­pe.

Chèrel Jansen van Rensburg, uittredend­e president van IMASA, het aan die George Herald, gesê die uitdagings word beslis groter.

Sy het benadruk baie van die mense het rede om te kla. Daar is op sommige plekke nog steeds nie toegang tot elektrisit­eit, water en sanitasie nie. IMASA het begrip daarvoor.

Winnie Baloyi, IMASA se nuwe president, het gesê nieteensta­ande al die uitdagings waarmee munisipali­teite te doen kry, is sy steeds hoopvol.

Sy het daarop gewys dat alles wat iemand op sosiale media deel, is vir altyd in die openbaar.

 ??  ??
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Gerrit Pretorius, speaker van die George-stadsraad saam met Chèrel Jansen van Rensburg, uittredend­e president van IMASA, tydens die organisasi­e se jaarlikse konferensi­e in George.
Foto: Eugene Gunning Gerrit Pretorius, speaker van die George-stadsraad saam met Chèrel Jansen van Rensburg, uittredend­e president van IMASA, tydens die organisasi­e se jaarlikse konferensi­e in George.
 ??  ?? Annalene de Beer, direkteur korporatie­we dienste van die Stellenbos­ch-munisipali­teit.
Annalene de Beer, direkteur korporatie­we dienste van die Stellenbos­ch-munisipali­teit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa