George Herald

Gunning nou deel van span

-

Alida de Beer

Die George Herald het verlede week ‘n gesoute joernalis ryker geword in die gedaante van Eugene Gunning wat hom by die Group Editors-span aangesluit het.

Gunning is al meer as 30 jaar in die joernalist­iek. Sy loopbaan het by die destydse Die Vaderland in Johannesbu­rg begin nadat hy ‘n BA-graad asook ‘n nagraadse diploma in kommunikas­iekunde aan die Potchefstr­oomse Universite­it verwerf het.

Hy het later by Beeld gewerk waar sy politieke verslaggew­ing in die parlement in 1990 begin het. “Dit was ‘n baie interessan­te tydperk. FW de Klerk het sy 2 Februariet­oespraak gehou en ek was ook op die Kaapse Parade toe Nelson Mandela vrygelaat is. Dit het ‘n groot indruk op my gelaat.”

Van Beeld is Gunning na

Finansies & Tegniek waar hy eiendomsre­dakteur was, en later na Rapport waar hy eers algemene verslaggew­ing gedoen het, voordat hy weer parlement toe gestuur is. Later het hy by Die Burger gaan werk. Die koerant het hom in

2008 na George gestuur. “Ek wou aanvanklik glad nie hier wees nie. Die ooreenkoms was dat dit net vir twee jaar sou wees, maar nou wil ek nie padgee nie.”

Begin vanjaar het hy begin om vryskutwer­k te doen vir verskeie publikasie­s waaronder die George Herald, Landbouwee­kblad, Die Son en Maroela Media.

“Ek het ‘n passie vir die joernalist­iek. Dis my hele lewe. Jy ontmoet die interessan­tste mense en kom op plekke wat jy waarskynli­k nie andersins sou sien nie. Ek voel dieselfde as ‘n oudkollega wat gesê het dis so lekker, ek kan nie glo hulle betaal ons daarvoor nie. Maar jy moet maar ‘n dikkerige vel hê. Ek het gou geleer jy is almal se vriend, en almal se vyand.

“Tog is mense die rede hoekom ek hier is. Elkeen het ‘n storie. Jy beleef hulle vreugde en hulle hartseer. Ek het die Westdene- en Reenendalb­usrampe beleef. Dit was 1 000 km uitmekaar, maar daar was baie parallelle - die kinders wat verdrink het, die ouers se verskrikli­ke hartseer. Dit was baie roerend. Die brande in Knysna het my ook baie geraak.”

In die begindae van sy joernalist­ieke loopbaan by Die Vaderland het hy beleef hoe dit voel om agter tralies te beland. Hy en ‘n kollega het Gaberone in Botswana besoek om verslag vir Die Vaderland te doen oor die destydse weermag se aanval op ANC-teikens. Die land se veiligheid­spolisie het hulle aangekeer en hulle is afsonderli­k langer as 24 uur saam met misdadiger­s

Ek sê altyd gemeenskap­skoerante is soos die dorpsplein van ‘n dorp of stad - dis waar mense bymekaarko­m en nuus uitruil en gesels.

aangehou. Een van die eerste dinge wat die ander mense in die tronksel vir hom gesê het, was, “Food very bad here.”

Gunning lees graag, en dan veral biografieë en outobiogra­fieë. Om met sy hond Oortjies langs die see te stap en in die mooi omgewing van die Tuinroete, is ook van die dinge wat hom baie gelukkig maak. Hy versamel ook aalwyne.

Oor sy nuwe verbinteni­s met die George Herald, is sy kommentaar: “Ek sê altyd gemeenskap­skoerante is soos die dorpsplein van ‘n dorp of stad - dis waar mense bymekaarko­m en nuus uitruil en gesels. Dis wonderlik om deel te wees daarvan.”

 ??  ?? Lees die volledige storie by www.georgehera­ld.com Eugene Gunning en Oortjies.
Lees die volledige storie by www.georgehera­ld.com Eugene Gunning en Oortjies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa