George Herald

Munisipali­teite moet meer herwin

- Eugene Gunning

Daardie papiere en plastiek wat mense elke dag by hul huise weggooi, kan dalk 'n paar rand werd wees. Word dit herwin, kan dit dalk 'n paar ekstra rand in die sak bring.

Dit is in die kollig nadat Tertuis

Simmers, DA-lid van die Wes-Kaapse provinsial­e wetgewer, 'n skriftelik­e vraag oor herwinning van huishoudel­ike afval aan Anton Bredell, Wes-Kaapse minister vir plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing, gestel het.

Simmers sê die herwinning van huishoudel­ike afval moet meer plaasvind. Dit hou nie net finansiële voordele vir instansies soos munisipali­teite in nie, maar kan ook voordelig wees vir gemeenskap­pe en individue.

Sy vraag het 'n aanloop. Volgens Simmers het hy 'n tydjie gelede inligting bekom oor herwinning in Suid-Afrika. Dit het geblyk dat die Wes-Kaap die meeste herwinning doen. Hy het toe besluit om 'n vraag in die wetgewer te vra om vas te stel wat is die situasie by die onderskeie munisipali­teite. "Ek was geskok oor die syfers vir herwinning in die Suid-Kaap en Klein-Karoo."

Uit die inligting wat deur Bredell verskaf is blyk dit dat daar bepaalde uitdagings rakende die kwaliteit van die verskafte inligting is. Dit sluit in die beperkte aantal weegbrûe en ongereelde en foutiewe verslae oor herwinning. Die inligting is deur die munisipali­teite aan die provinsial­e administra­sie verskaf.

Die departemen­t van omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing verskaf opleiding en data verifiërin­g. Hulp word direk aan munisipali­teite verskaf vir herwinning­sinisiatie­we.

Bredell het ook syfers beskikbaar gestel van die persentasi­e wat munisipali­teite in 2017 herwin het van hul totale afval.

Dit blyk dat Kaapstad 58% herwin het, Bergrivier 50%, Saldanha 47%, Overstrand 46% en Stellenbos­ch 34%.

In die Suid-Kaap en Klein-Karoo is die syfers alles behalwe rooskleuri­g. In Oudtshoorn was dit 0%, Kannaland 0%, George 14%, Mosselbaai 1%, Bitou 6%, Knysna 5% en Hessequa 1%.

Simmers sê daar moet beslis meer gedoen word. "Ek is bewus dat die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit programme het om dit te bevorder."

Hy benadruk dat elke munisipali­teit meer pro-aktief moet optree in die verband. Daar moet in gedagte hou word dat dit verskeie voordele inhou. "Dit is internasio­naal 'n multi-miljoen dollar bedryf. Die herwinning­sbedryf in SuidAfrika staan nog in sy kinderskoe­ne. Gemeenskap­pe kan finansiële voordele daaruit kry. Dit hou ook voordele in vir natuurbewa­ring en op gesondheid­sgebied. "Munisipali­teite én gemeenskap­pe kan voordeel daaruit trek."

Hy wil hê dat 'n studie gedoen moet word na die voordele en volhoubaar­heid van die herwinning van huishoudel­ike afval.

 ??  ?? The AMS helicopter and members of the NSRI busy with an exercise on Wilderness beach on Sunday. INSET: An NSRI boat formed part of the exercise.
The AMS helicopter and members of the NSRI busy with an exercise on Wilderness beach on Sunday. INSET: An NSRI boat formed part of the exercise.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa