George Herald

Rugbyspann­e bring geskenke vir seniors

-

Alida de Beer

Die spanne wat in die Intermagte Rugbykampi­oenskappe in George deelgeneem het, het 'n broodnodig­e tuimeldroë­r aan die Rosemoor-ouetehuis geskenk. 'n Klompie spelers van Korrektiew­e Dienste, SA Polisiedie­ns en die SA Nasionale Weermag het die oorhandigi­ng bygewoon en vir 'n paar oomblikke die inwoners se dag opgevrolik deur bietjie met hulle hand te skud en te gesels.

Koeldrank, snoeperye en volwasse doeke is ook geskenk. Die skenking kom uit die sak van die spelers en besturende lede van die intermagte-spanne.

Dit was die tweede keer dat hierdie kampioensk­appe in die Suid-Kaap aangebied is. Al die wedstryde is in Parkdene gespeel.

 ?? Foto’s: Alida de Beer ?? Twee rugbyspele­rs, Veronica Veldman van die Prins Albert korrektiew­e dienste en Lungile Ntshangase (regs) van korrektiew­e dienste in Durban gesels met twee inwoners van die ouetehuis, Dorina van de Gund en Christina Saaiers (agter).
Foto’s: Alida de Beer Twee rugbyspele­rs, Veronica Veldman van die Prins Albert korrektiew­e dienste en Lungile Ntshangase (regs) van korrektiew­e dienste in Durban gesels met twee inwoners van die ouetehuis, Dorina van de Gund en Christina Saaiers (agter).
 ??  ?? Die amptelike oorhandigi­ng. Van links is Michael Louw (Crusaders-rugbyklub), Kenneth Africa (Rosemoor-ouetehuisb­estuur) en Oom Cornelius George (‘n inwoner) saam met verteenwoo­rdigers van die SA Magte-spanne Bryn Wilson, majoor Ruben Arries, kolonel Freddie Booysen, brigadier Sampie Koopman en kolonel William Bangiso.
Die amptelike oorhandigi­ng. Van links is Michael Louw (Crusaders-rugbyklub), Kenneth Africa (Rosemoor-ouetehuisb­estuur) en Oom Cornelius George (‘n inwoner) saam met verteenwoo­rdigers van die SA Magte-spanne Bryn Wilson, majoor Ruben Arries, kolonel Freddie Booysen, brigadier Sampie Koopman en kolonel William Bangiso.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa