George Herald

Veerpyltji­es vlieg vir kanker

-

Twee van die George-veerpyltji­eklub (GDA) se lede, Mary-Ann Oosthuizen en Mari Pitzer het twee sake wat hulle na aan die hart lê die afgelope naweek saamgegooi in ‘n opwindende eerste vir ‘n hele paar mense: kanker en veerpyltji­es. Hulle het die heel eerste Darts Cuppa in George aangebied.

Die program is afgeskop met ‘n gesellige oggendtee in die klub se saal wat pragtig in pienk getooi was.

Chrisley Botha van PSG Wealth het die vroue toegespree­k oor die plek van vroue in vandag se finansiële wêreld en sy het haar gehoor met ‘n hele paar interessan­te feite agtergelaa­t.

Amelia Thiart van Kansa het meer vertel van die ondersteun­ingsrol wat die organisasi­e speel. Daar was ongeloofli­ke pryse en ‘n miniveerpy­ltjiekompe­tisie tussen die vroue om te sien wie die hoogste telling met slegs drie pyle kon gooi. Andrea Kritzinger was die wenner met ‘n totaal van 68 en Amelia Thiart het ‘n hele 41 gegooi vir ‘n tweede plek.

Die vroue het heerlik saamgekuie­r oor smaaklike eet- en drinkgoed en selfs die kleingoed wat saam met hul ma’s daar was, is met ‘n geskenkie bederf.

Die tweede sessie van die dag was die ‘Darts for Cansa’ wat die vorm van spanspel aangeneem het.

Elke span van vier moes een vrouespele­r hê. Nadat Amelia Thiart ‘n tjek ontvang het van R1 800 namens die GDA, het sy die kompetisie begin met die eerste gooi.

Daar was ook ‘n prys vir die span wat die beste in pienk aangetrek was. Daar was geen tekort aan spangees en samewerkin­g in enige span nie. Die wenners van die eerste GDA Darts for Cansa 2018 was ‘Pienkies’ met spanlede Bernard Maree, Jaco Pienaar, Len McLean en Mari Pitzer. Tweede was ‘Pienk Rotties’ oftewel die Stevens-gesin Johan, Jaco, Robert en Mona.

Die wenners van die besgeklede span in pienk was ‘Pienk Ribbon Mafia’ met spanlede Billy Smith, Johan van Vuuren, Mary-Ann Oosthuizen en Zander Faddel.

“Die sukses van hierdie dag kan uit en uit toegeskryf word aan al die fantasties­e borge en aan elkeen wat deel was van die naweek, van die dames wat die Darts Cuppa-kaartjies gekoop het tot die spanne wat ingeskryf het vir die veerpyltji­ekompetisi­e.

“Die hoogtepunt was om vir Kansa ‘n bedrag te kon oorhandig wat hulle kan aanwend in die stryd teen kanker,” het Oosthuizen gesê.

 ??  ??
 ??  ?? Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com
Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com
 ??  ?? Pienkies was die wenspan. Die spanlede is van links: Bernard Maree, Jaco Pienaar, Len McLean en Mari Pitzer. Mary-Ann Oosthuizen het hul pryse oorhandig.INLAS: Aan pragtige en heerlike soetgoed was daar nie ‘n tekort nie.
Pienkies was die wenspan. Die spanlede is van links: Bernard Maree, Jaco Pienaar, Len McLean en Mari Pitzer. Mary-Ann Oosthuizen het hul pryse oorhandig.INLAS: Aan pragtige en heerlike soetgoed was daar nie ‘n tekort nie.
 ??  ?? Len McLean (links) en Johan Stevens het 180’s gegooi. Hulle ontvang hul pryse van Mary-Ann Oosthuizen.
Len McLean (links) en Johan Stevens het 180’s gegooi. Hulle ontvang hul pryse van Mary-Ann Oosthuizen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa