George Herald

Tiener mag nou vlieg

- Eugene Gunning

Hy mag met gesag agter die kontroles van 'n vliegtuig inskuif, maar die bestuur van 'n voertuig met passasiers op 'n openbare pad, is taboe.

Die 17-jarige Dawid van der Vyver, wat onlangs sy privaat vlieglisen­sie verwerf het, is 'n gr. 12-leerling aan Hoërskool Outeniqua in George en begin aanstaande week sy fnale skooleksam­en.

Sy eerste alleenvlug was op 6 Oktober 2017 en in Augustus vanjaar het hy sy privaat vlieglisen­sie verwerf. Dit beteken hy kan nou alleen vlieg en ook passasiers saamneem, maar hy mag nie geld daarvoor ontvang nie.

In Julie vanjaar het hy sy leerlingry­bewys vir 'n voertuig verwerf en hy hoop om vroeg aanstaande jaar die leerling etiket af te skud. Tot dan kan hy alleen 'n vliegtuig vlieg, maar wanneer hy agter die stuurwiel van 'n motor inskuif, moet iemand wat oor 'n geldige rybewys beskik, hom vergesel.

Tussendeur al die opgewonden­heid van vlieg is daar die eindeksame­n wat wag en hy erken dit is frustreren­d om nog op die skoolbanke te sit. Wanneer hy 'n vliegtuig hoor, kyk hy gewoonlik op in die lug. Sy planne om 'n paar duisend voet bokant moederaard­e in 'n vliegtuig deur te bring, kom al 'n lang pad en hy het groot lof vir sy ouers, Wilhelm en Desiree van der Vyver wat hom gehelp het om sy droom te verwesenli­k.

“Ek wou nog altyd vlieg. Toe ek 5 jaar oud was het my ouers my 'n keuse gegee om 'n stel Lego-blokkies te kies. Ek het die lughawe-tema gekies. “Reeds in my tienerjare het ek geweet ek wil vlieg. In gr. 6 moes ek 'n skooltaak doen oor wat ek eendag wil word. Ek het 'n taak oor die werk van 'n vlieënier gedoen.”

In gr.10 het hy finaal besluit dat hy ‘n vlieënier wil word. “Ek het vir my ouers gesê: As ek dit eendag gaan doen, hoekom kan ek dit nie al op skool doen nie.”

Die bal was toe aan die rol. Hy moes eers 'n keuring slaag wat mediese toetse ingesluit het. Aan die begin van 2017 het hy by die Flight Training College by Georgelugh­awe met sy opleiding begin. Dawid was steeds op skool en het na-ure die kursus gedoen. Dit het 'n teoretiese deel, waarvoor die slaagverei­ste 75% was en 'n praktiese deel, ingesluit. Sommer met die intrapslag het hy saam met 'n instrukteu­r gevlieg om die gevoel van 'n vliegtuig te kry.

Stelselmat­ig het die praktiese deel, onder die wakende oog van 'n instrukteu­r, meer gevorderd geraak. Op 6 Oktober 2017 het hy die eerste keer alleen in 'n vliegtuig, 'n Cessna 152 met twee sitplekke, geklim. “Ek was effens gestres, maar meer opgewonde. Dit was 'n perfekte wolklose dag in George.”

Sedertdien het hy al verskeie kere alleen gevlieg na onder meer Ladismith, Heidelberg en Stilbaai.

Dit gaan al beter as aan die begin. “Ek het nou bietjie meer selfvertro­ue.” Maar oorgerus sal hy nooit raak nie.

Volgens Dawid is dit beslis moeiliker om te vlieg as om 'n motor te bestuur. “Dit is meer gekomplise­erd om te vlieg en daar is baie streng regulasies.”

Hy beskou George as 'n goeie plek om te leer vlieg, want dit bied spesifieke uitdagings. “Die berge, die see en verskillen­de weersomsta­ndighede is hier.” Die lughawe hanteer ook nasionale vlugte.

Van sy vriende weet dat hy kan vlieg en verskeie mense wil nou saamvlieg. Sy pa was sy eerste passasier.

“Hy het dit geniet.”

Om self te kan vlieg, is nie goedkoop nie. Buiten die opleidings­koste, is daar ook die prys van brandstof en die instandhou­dingskoste van 'n vliegtuig. Die vlieëry voldoen aan sy verwagting­e. Hy is van voorneme om sy kommersiël­e lisensie te verwerf en later agter die stuurstang van byvoorbeel­d 'n Boeing of 'n Airbus in te skuif. Vlieg is sy passie en hy het nie hoogtevree­s nie, voeg hy by.

Dawid se jongste boetie, Wynand sê hy het nie planne om ook te leer vlieg nie. As Dawid hom saamnooi sal hy inklim. “Ek dink ek sal hom vertrou.”

 ??  ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Dawid van der Vyver word deur sy instrukteu­rs “gebad” kort na sy eerste alleenvlug.
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Dawid van der Vyver word deur sy instrukteu­rs “gebad” kort na sy eerste alleenvlug.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa