George Herald

Die skrif is aan die muur: Afrikaans is kosbaar

- Michelle Pienaar

Die baba is poenankies, en dié baba, is Afrikaans. Hierdie oulike woord beteken juis dit - “oulik”, en is die perfekte beskrywing vir ons jong taal.

“Eien jou taal. Dra dit in jou sak en koester dit.” Met hierdie woorde het Danie van Wyk, Wes-Kaapse bestuurder van Fedasa (Federasie van SuidAfrika­anse skoolbehee­rliggame), die leerders van Hoërskool George aangemoedi­g om breëbors met hul taal om te gaan.

Fedasa is in vennootska­p met Afrikaans.com, ‘n digitale platform wat sowat twee jaar gelede gestig is met die doel om Afrikaans te bevorder. Afrikaans.com word deur die Dagbreek-trust gefinansie­r.

Hoërskool George is die twintigste skool in die Wes-Kaap wat deur Afrikaans.com gekies is vir hul muurskilde­ry-projek. Die ander skool in die Suid-Kaap wat die eer ontvang het, is Bridgeton Sekondêr in Oudtshoorn.

Besoekers aan Hoërskool George kan voortaan uitkyk vir die kleurvolle buitemuur wat deur Afrikaans.com se kunsspan geverf is. Woorde soos vissie plakkies, ystervark en kolwyntjie pryk op die muur wat sigbaar is van Missionstr­aat voor die skool. Die logo op die muur lui: “Hoe lyk jou Afrikaans?”

René Arendse, gemeenskap­skoördinee­rder van Afrikaans.com, het leerders daarop gewys dat hul moedertaal oor ‘n ryk erfenis van woorde beskik. “Blatjang en bobotie is Maleisiese woorde, terwyl aitsa en eina van die Khoi-taal kom,” het sy gesê.

Sy het gesê mense van verskillen­de areas praat Afrikaans verskillen­d: “Ons is anders, maar tog is ons eenders. Jou taal is deel van jou identiteit. As julle eendag met julle kinders se kinders verby die muur loop, moet jy sê: ‘Daai muur maak ons trots om Afrikaans te wees’.” Alle hoërskooll­eerders van Afrikaanse skole word uitgenooi om deel te neem aan Afrikaans.com se Facebook-kompetisie. Leerders kan ‘n video van hulself, wat iets kreatief in Afrikaans doen, op die blad plaas met die hutsmerk ‘droomgroot’ en ‘n kans staan om R10 000 in kontant te wen.

Die sluitingsd­atum vir die kompetisie is 31 Oktober 2018.

 ??  ?? ‘Droom in Afrikaans’ sê die groep leerders van Hoërskool George, voor ‘n pragtige muurskilde­ry deur Afrikaans.com. Heel voor is René Arendse, gemeenskap­skoördinee­rder van Afrikaans.com, en agter (derde van links) is Danie van Wyk, Wes-Kaapse bestuurder van Fedasa. Heel regs is die skoolhoof van Hoërskool George, Morton van Rooyen.
‘Droom in Afrikaans’ sê die groep leerders van Hoërskool George, voor ‘n pragtige muurskilde­ry deur Afrikaans.com. Heel voor is René Arendse, gemeenskap­skoördinee­rder van Afrikaans.com, en agter (derde van links) is Danie van Wyk, Wes-Kaapse bestuurder van Fedasa. Heel regs is die skoolhoof van Hoërskool George, Morton van Rooyen.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa