George Herald

Buurtwag doen beroep op publiek

-

Die voorsitter van die Conville-buurtwag, Rudy Lewis, het 'n beroep op die inwoners gedoen om hulle gewig in te gooi by die buurtwag se werksaamhe­de.

"Die afgelope naweek het ons weer 'n suksesvoll­e patrollie gehou en wapens en ander gevaarlike voorwerpe gekonfiske­er. Ons kan steeds verbeter en ons omgewing veiliger maak as almal saamstaan."

Die buurtwag word bygestaan deur die sekuriteit­smaatskapp­ye Fidelity, Chubb, ADT en LVDS asook konst. Daniël Esau van Conville-polisie. "Ons bedank hulle vir hulle voortgeset­te ondersteun­ing. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie. Ons vra ook vir borgskappe van besighede wat dalk ou ongebruikt­e rekenaars en drukkers het. Ons benodig dit om ons administra­sie by te hou en rekord te hou van hoe ons vaar," het Lewis gesê.

Lewis kan gekontak word by 061 077 6098.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa