George Herald

Claude Malan gasspreker by GGSA Suid-Kaapse tak

-

Die bekende genealoog en kenner van museums, Claude Malan, gaan die spreker wees by die ledevergad­ering van die Suid-Kaapse tak van die Genealogie­se Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) op Donderdag 25 Oktober om 14:00 in die George-museum se Charles Sayersoudi­torium.

Malan gaan gesels oor hoe hy by genealogie, of familieges­kiedenis betrokke geraak het, en oor die Malan en Melvillefa­miliegeski­edenis. Hy is ook tans besig met die geskiedeni­s van George, en het sy eie museum in Pretoria besit, waar talle mense hulle familieges­kiedenis kom opspoor het.

Die jaarafslui­tingsfunks­ie van die Suid-Kaapse tak van die GGSA sal op Woensdag 7 November om 12:30 by die Froth-koffiewink­el aan die bokant van Yorkstraat, George gehou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa