George Herald

Anton Goosen bring ‘Padkos’ na George

-

Die bekende liedjieskr­ywer en sanger Anton Goosen bring sy nuutste CD, Padkos, na die Oakhurst Insurance George Arts Theatre op 30 November.

Goosen is 'n sleutelfig­uur in Afrikaanse musiek en word algemeen beskou as die vader van Afrikaanse rock. Hy is die man agter treffers van kunstenaar­s soos Sonja Herold, Carike Keuzenkamp, Laurika Rauch, Francis Goya, en Koos Kombuis. Sy eerste album, Boy van die suburbs, is in 1979 vrygestel en het hom die eerste kunstenaar om 'n album van uitsluitli­k sy eie werk in Afrikaans vry te stel, gemaak. Hy beskryf die musiek op die album Padkos as organiese klanke waaraan hy en Peter Pearlson, sy klankingen­ieur vir ses jaar gewerk het.

Anton sê die beskrywing "organiese klanke" verwys na die feit dat geen tromme, elektriese kitare, of elektronie­se instrument­e vir die album gebruik is nie. Die album is deurspek van akoestiese kitare, 'n Hammond-orrel, "stomp box", cajon, trompie, bongo's, mondfluitj­ie, traporrel, klavier, alt saksofoon, banjo ens.

Musikante wat gehoor kan word is onder andere Lise Swart (agtergrond­stem) Schalk Joubert (baskitaar), Fred Koch (van die Bushrockba­nd), Albert Frost, Gian Groen, Nielen Prinsloo, Denzl Keenan en Vernon Swart. Anton sê hy het met die skryf en opnames van die album sy musikale wortels herontdek.

Die konsert vind om 20:00 op 30 November plaas. Kaartjies kos R120 en kan by Computicke­t gekoop word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa