George Herald

Kirsten & Tulleken Vervoer bly enduit losvoor

- Jannie Meyer

Span Kirsten & Tulleken Vervoer (KTV) wat gaandeweg hul pad na die eerste plek op die punteleer in die Sanlam Love 4 Vintage Lenteliga vir besigheids­panne oop geveg het, het enduit bo gebly en hul titel suksesvol verdedig.

In hul finale wedstryd teen Kommaweer Stoffeerde­rs het hulle genoeg punte opgestapel om 5 ligapunte meer as die naaswenner­s, Supporters, op die ranglys te plaas.

York Auto het in hul finale wedstryd 'n nederlaag op die lyf geloop en dit het Supporters genoeg ligapunte besorg om as naaswenner­s gekroon te word.

Een van die borgspanne, Sanlam, het ook uitstekend gevaar en Mend a Bath in hul finale wedstryd geklop om met die derde plek op die punteleer af te sluit. So het Ettean and Friends met Vorster Motors afgereken en die vierde algehele plek ingeneem

Daar was min te kies tussen die voorste spanne en almal moes hul beste gee om hul posisie op die punteleer te verbeter. Dit was deur die wedstryde duidelik dat al die deelnemers hul beste rolle wou rol, maar almal was nie ewe gelukkig nie.

Die prysuitdel­ing is afgesluit met 'n biefstuket­e wat gratis aan al die deelnemers verskaf is. Lewendige musiek het vir die feestelike atmosfeer gesorg.

Die Somerliga begin reeds op 1 November en verskeie spanne het reeds bevestig dat hulle weer in aksie gaan wees, maar daar is nog geleenthei­d vir nuwelinge wat die hand aan die rolballe wil waag.

Dit is egter raadsaam om vroegtydig in te skryf aangesien net 28 spanne gehuisves kan word.

FNB Insurance gaan die reeks saam met Love 4 Vintage borg. 1 KTV 67; 2 Supporters 61; 3 Sanlam 60; 4 Ettean and Friends 58; 5 Butz & Gutz

55; 6 Boardware 54; 7 Disasters 54; 8 Just Property 53; 9 4 Musketeers 52; 10 Jack's Paint & Hardware 52; 11 Bowling Stones 52; 12 Vorster Motors 50; 13 Kommaweer Stoffeerde­rs 49; 14 Mend a Bath 48; 15 Frikkie 48; 16 Odd Balls 47; 17 Ricoh 47; 18 Chanel Doggy Parlour 46; 19 York Auto 45; 20 GRM & WJC 45; 21 Mac Dee Hops 44; 22 Magic Rollers 44; 23 Miskruiers

43; 24 Butter Bowls 42; 25 Goussard Prokureurs 36; 26 Diva's 36; 27 Comcen 28; 28 CO Prokureurs 28.

 ??  ?? Die kampioensp­an, KTV, se lede met hul pryse tydens die prysuitdel­ing. Van links staan Hannes Muller, Leon Langeveld, Andre Tulleken, Hein Koen en Brian Koen.
Die kampioensp­an, KTV, se lede met hul pryse tydens die prysuitdel­ing. Van links staan Hannes Muller, Leon Langeveld, Andre Tulleken, Hein Koen en Brian Koen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa