Droomseisoen vir Arende in Curriebeker se Eersteliga
Die Arende se droomseisoen in die Curriebeker se Eersteliga het op 'n hoogtepunt afgesluit toe hulle die Valke verlede Vrydagaand op Outeniquapark met 36-27 geklop het.
Hulle het reeds vroeg in die eerste helfte die kitaar geslaan en die
Valke geen beweegruimte toegelaat nie. Ná twee kragdrieë deur Wayne Wilschut, agsteman, wou dit voorkom of die besoekers se uittog na die Suid-Kaap in 'n nagmerrierit gaan verander. Maar toe slaan die Valke terug met twee vinnige drieë danksy lakse verdediging aan die Arende se kant. Voor die tuisspan mooi weet wat hulle - en die tuisondersteuners wat die hoofpawiljoen volgepak het - getref het, was die Valke met 27-15 voor en het 'n pynigende nederlaag by die tuisspan begin spook. Toe die dramatiese ommekeer. Die Arende se bulpak het, soos telkens die seisoen, beheer oorgeneem en die Valke stadigaan begin versmoor. ‘n Emosionele Jacques Vermaak, kaptein en haker van die Arende, word deur sy ma, Ezelle, onhels ná die Arende in die eindstryd met die Valke afgereken het. Veral in die krums het hulle die Valke verniel en gebiedsvoordeel afgedwing.
Drie drieë later deur Wilschit, Wynand Grassmann, klipharde slot, en Marlo Weich, regtervleuel, is die Valke se doppie geklink en kon die Arende 'n agterstand van 12 punte in 'n oorwinning omskep. Danksy hul oorheersing en puik verdediging kon die Arende
21 punte in die tweede helfte opstapel en die
Valke geen.
Dis mos rugby.