George Herald

Vrou in sop na sy polisie probeer fop

- Kristy Kolberg

Dit is 'n klassieke geval van wolf-wolf skree. Só sê die SuidKaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, ná die 51-jarige Retha Horn, wat in September beweer het sy is deur vier mans in polisiedra­g verkrag, verlede Vrydag by haar huis in hegtenis geneem is.

Ernstige bewerings van 'n groepsverk­ragting wat deur haar aangemeld is, is volgens die polisie onwaar. Horn het beweer vier mans met klapmusse, wat hulself glo as polisieman­ne voorgedoen het, het haar deur die nag aangehou, bedwelm en verkrag nadat hulle haar omstreeks 19:00 op die R102 tussen Mosselbaai en George afgetrek het. Volgens haar was sy onderweg vanaf Glentana na George toe die beweerde verkragtin­g in die Hoogekraal­omgewing plaasgevin­d het.

Sy is op aanklagte van bedrog, meineed en regsveryde­ling in hegtenis geneem en het Maandag in die Georgeland­droshof verskyn. Sy is Sondag tydens ‘n na-uurse borgtogaan­soek op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak is tot 18 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Polisie lewer kommentaar

Pojie het by navraag gesê hulle is bly dat die reg nou sy gang kan gaan.

"Uiteraard is dit vir ons absolute prioriteit om korrupsie en misdaad binne ons eie geledere hok te slaan. In lyn met nie net die polisie se nasionale strategie nie, maar ook dié van die regering, is baie hulpbronne ingespan om die beweringe wat deur Horn aangemeld is op te volg. Selfs spesialise­enhede is geaktiveer," sê Pojie.

Volgens Pojie het hulpbronne wat aangewend is om die vals beweringe op te volg dienslewer­ing aan wetsgehoor­same burgers beïnvloed. "Boonop het dit ‘n negatiewe impak op die polisie se beeld gehad. Die gemeenskap moet onthou die polisie is 'n noodsaakli­ke diens. Ons reaksietyd op klagtes is vir ons van kardinale belang. Hoewel ons die persepsies met die bewering dat polisieman­ne by 'n verkragtin­g betrokke was kan weerlê, kleef daardie persepsies in die gemeenskap se gedagtes vas. Dit bemoeilik die vertrouens­verhouding tussen die gemeenskap en polisieled­e, dit bemoeilik ook gemeenskap­spolisiëri­ng en nuwe projekte wat ons binne ons gemeenskap­pe wil aanpak.

"Verder kan die belastingb­etalers se geld en verskeie ander hulpbronne wat ingespan moes word nie in monitêre waarde beskryf word nie.

Dis nie nét die polisie nie, ander afdelings is ook betrokke.

"Ons is oortuig daarvan dat ons genoeg bewysstukk­e bekom het om 'n prima facie saak teen die beskuldigd­e te maak," het Pojie vandeeswee­k aan die George Herald gesê.

 ?? Foto: Kristy Kolberg ?? Retha Horn (regs) is verlede Vrydag in hegtenis geneem. Sy het Maandag in die George-landdrosho­f op aanklagte van bedrog, meineed en regsveryde­ling verskyn.
Foto: Kristy Kolberg Retha Horn (regs) is verlede Vrydag in hegtenis geneem. Sy het Maandag in die George-landdrosho­f op aanklagte van bedrog, meineed en regsveryde­ling verskyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa