George Herald

‘Menslike’ bene toe Voortrekke­rs se speelgoed

- Michelle Pienaar

Bene wat by die Ou Tolhuis in die Montagupas gevind is, het die publiek behoorlik aan die gons op sosiale media.

Luidens 'n inskrywing op die Facebookbl­ad, SABC News Western Cape, is menslike oorskot glo by die tolhuis gevind.

'n Plaaslike inheemse leier word aangehaal waar hy sê dat die bene tydens 'n wandeling naby die Ou Tolhuis, wat deur die onlangse vuur verwoes is, gevind is. Hy sou glo sê dat hulle vermoed die bene is die oorskot van slawe wat die Montagupas in die

1800's gebou het. Die George Herald se pogings om die inheemse leier te kontak vir kommentaar het ongelukkig nie geslaag nie. Gerda Stoltz, voorsitter van die Vriende van die Tolhuis, het by navraag bevestig dat die beweringe alles bog is. Die beentjies is blykbaar die oorblyfsel­s van 'n uitstallin­g wat in die tolhuis ten toon gestel is. "Dit is die rugstringb­eentjies van 'n skaap," het sy gesê. "Die kinders in die Groot Trek het 'n kakebeen van die skaap geneem en hul eie wa gemaak. Die rugwerwels was die osse. Die grotes agter en kleintjies voor en die stuitjiebe­entjie was die touleier." Die beentjies was in 'n houtwaentj­ie wat in die tolhuis uitgestal was. Volgens Stolz was daar verlede Vrydag 'n Khoi-man by die tolhuis. Die tolhuis was op daardie stadium reeds gesluit weens vandalisme, maar Stolz reken die man het waarskynli­k die beentjies deur die venster van die tolhuis gesien. "Die waentjie het afgebrand en die beentjies het op die as bly lê, op dieselfde plek waar dit uitgestal was. Hy moes dit seker deur die venster gesien het, want

mens kon duidelik die beentjies sien lê." Die sekerheids­wag by die tolhuis het Stolz egter later die Vrydagmidd­ag gebel en gesê die polisie is by die tolhuis en wil met haar praat. "Die Khoi-man was ook op die toneel," het sy gesê. "Die polisie het gevra of ons skedels daar het, en ek sê toe 'nee'. Ons het ingegaan en hulle was tevrede toe hulle die rugstringb­eentjies sien." Volgens Stolz het die Khoi-man die stuitjiebe­entjie geneem, en was hy die volgende dag weer by die tolhuis. "Ons het gesels en ek het hom gevra of hy nou verstaan dat hy stuitjiebe­entjies gesien het. Hy het 'ja' gesê en ek het gedink die saak is opgelos. Ek was baie ontsteld toe ek oor die voorval op sosiale media lees. Hy het onderneem om dit reg te stel, maar daar het niks van gekom nie.

"Dit was ontstellen­d genoeg dat die plek afgebrand het, 'n mens wil nie nog met so iets ook gekonfront­eer word nie. Dit is vir my in slegte smaak dat mense dit vir hul eie publisitei­t wil gebruik."

 ??  ?? Die inskrywing op die Facebook-blad, SABC News Western Cape, waarin daar beweer word dat menslike oorskot glo by die tolhuis gevind is.
Die inskrywing op die Facebook-blad, SABC News Western Cape, waarin daar beweer word dat menslike oorskot glo by die tolhuis gevind is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa