George Herald

Op ons paaie die week

- Kristy Kolberg

George het dié week weer sy deel van motorongel­ukke ervaar. ‘n Man is verlede Vrydagogge­nd op die N2 doodgery, vier mense was vandeeswee­k in ongelukke op die Outeniquap­as betrokke, ‘n taxi het na bewering in ‘n motor by die verkeersir­kel in CJ Langenhove­nstraat vasgejaag (lees artikel hiernaas) en nog ’n ongeluk het plaasgevin­d by die verkeersli­g by die GR Mall.

Man doodgery op N2

‘n Fratsongel­uk op die N2 het verlede Vrydagogge­nd, 2 November, die lewe van ‘n man van Hartenbos geëis. Schalk Janse van Rensburg (58), was van Mosselbaai na George onderweg, toe hy op die snelweg in die noodbaan tussen die Pacaltsdor­p-brug en die lughawe stilgehou het.

Volgens die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, wil dit voorkom of die oorledene uit sy vragmotor geklim het waarna ‘n wit Toyota Yaris, wat in dieselfde rigting onderweg was, hom getref het. Die bestuurder van die Yaris is ‘n 35-jarige man van George.

Janse van Rensburg is op die toneel dood verklaar. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Nat Outeniquap­as briek motoriste

Vir baie George-inwoners was Maandag en Dinsdag se reën ‘n welkome gesig na die brande, maar vir sommige motoriste op die Outeniquap­as, was dit maar ‘n glibberige storie.

Maandagmid­dag het die bestuurder van ‘n wit VW Polo, wat vanaf Oudtshoorn na George onderweg was, op ‘n toegelate plek, ‘n vragmotor verbygeste­ek waarna hy beheer oor die voertuig verloor het. Die Polo het in die aankomende baan beland en ‘n Opel Corsa-bakkie getref.

Drie mense is lig beseer en is per ambulans na die Mediclinic George geneem.

Eden911 het een pasiënt vervoer en ER24- paramedici die ander twee. Dinsdag, ook tydens ‘n reënbui, het die bestuurder (49) van ‘n Toyota Fortuner, onderweg vanaf Oudtshoorn na George, op ‘n draai beheer oor sy voertuig verloor. Die voertuig het op sy dak te lande gekom. Niemand is beseer nie.

Garden Route Mall

Volgens George-polisie se kommunikas­iebeampte, sers. Michael Opperman, was twee Nissan-bakkies, ‘n Navara en ‘n NP300, Dinsdagmid­dag in spitstyd by die verkeersli­g by die Garden Route Mall in ’n botsing betrokke.

“Die bestuurder van die Navara, ‘n 80-jarige man, was onderweg vanaf Knysna na George. Volgens hom was die lig groen.

Hy wou regs draai na Kraaibosch

Manor toe die ander bakkie, wat in die teenoorges­telde rigting gery het, hom tref,” sê Opperman.

Met die polisie se aankoms was die ander bestuurder, glo ‘n vrou, reeds deur ER24parame­dici na die hospitaal vervoer.

 ?? Foto’s: Kristy Kolberg ?? ‘n Hartseer toneel het hom Vrydagmidd­ag op die N2 tussen die Pacaltsdor­p-brug en die lughawe afgespeel.
Foto’s: Kristy Kolberg ‘n Hartseer toneel het hom Vrydagmidd­ag op die N2 tussen die Pacaltsdor­p-brug en die lughawe afgespeel.
 ??  ?? Die ongeluksto­neel Dinsdagmid­dag by die verkeersli­g by die Garden Route Mall.
Die ongeluksto­neel Dinsdagmid­dag by die verkeersli­g by die Garden Route Mall.
 ??  ?? Die bestuurder van ‘n wit Toyota Fortuner het Dinsdagmid­dag beheer oor sy voertuig op die Outeniquap­as verloor. Dit het gereën en die pad was nat. Wonderbaar­lik is niemand tydens die voorval beseer nie.
Die bestuurder van ‘n wit Toyota Fortuner het Dinsdagmid­dag beheer oor sy voertuig op die Outeniquap­as verloor. Dit het gereën en die pad was nat. Wonderbaar­lik is niemand tydens die voorval beseer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa