George Herald

Gemeenskap help brandslago­ffers

- Tisha Steyn

‘n Groep van sowat 100 mense wat dakloos gelaat is deur die brande in SANParkgeb­iede, sal vir die res van die maand versorg word met die milde bydrae van inwoners van Wilderness.

“Ons is baie dankbaar vir almal wat met ‘n oop hand en hart geld geskenk het sodat ons kan kos koop vir tussen 80 en 100 mense, baie van hulle kinders, tot die einde van November,” het Donald Goldfain, direkteur van gemeenskap­sdiens van die George Rotariërs en voorsitter van die Wilderness Belastingb­etalers en Inwoners Vereniging (WRRA), Vrydag gesê.

Goldfain het verskillen­de WhatsApp-groepe in die groter Wilderness-gebied, wat Hoekwil en Rondevlei insluit, Maandag genader vir hulp.

“Inwoners het ingespring en gekookte eiers en toebroodji­es gemaak, maar die mense kan nie aan die lewe gehou word met net eiers en toebroodji­es nie, en Dinsdag het ek gevra dat mense eerder geld skenk.”

Volgens Goldfain het Marius van der Colff van George Super Kitchens in samewerkin­g met die Rotariërs ongeveer 400 gebalansee­rde, voedsame warm maaltye aan die haweloses verskaf. Maaltye is ook deur George Super Kitchens aan Hope Church verskaf vir studente van Nelson Mandela Universite­it, wat hul Saasveldka­mpus moes ontruim weens die brande en by Hope Church in George gehuisves is.

Teen Vrydag was daar reeds ‘n groot som geld ingesamel waarmee ‘n span Rotariërs niebederfb­are voedselvoo­rrade, groente en vrugte gekoop en in gesinspakk­e opgemaak het.

“Dit sal genoeg wees vir die volgende twee weke,” het Goldfain gesê.

Die mense, wat in Farleigh en Beervlei in SANParke gewoon het, het al hul besittings verloor toe hul huise deur die vlamme verswelg is.

Die haweloses is aanvanklik by SANParke se Ebb en Flow-kamp in die Tuinroete Nasionale Park gehuisves.

Die kospakkies is volgens elke gesin se behoefte aan hulle uitgedeel toe hulle oor die naweek met die hulp van SANParke se ereveldwag­ters na Pine Lake Marina verskuif is.

“Teen die middel van November sal nog voorrade aangekoop en uitgedeel word,” het Goldfain gesê.

Enigiemand wat ‘n donasie wil maak, kan WRRA of George Rotariërs deur Donald Goldfain kontak by 083 251 401 of goldfain@iafrica.com.

 ??  ??
 ??  ?? Rotariërs Donald Goldfain en Ellwyn Kent word deur Golden Harvest se personeel bygestaan.
Rotariërs Donald Goldfain en Ellwyn Kent word deur Golden Harvest se personeel bygestaan.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa