George Herald

Japie Horn land na 46 jaar

- Eugene Gunning

As al die vliegmyle van Japie Horn bymekaarge­tel word, het hy al 'n paar keer om die aarde gevlieg. Horn, 'n kommersiël­e vlieënier het Sondagmidd­ag die laaste keer na George gevlieg.

Hy tree binnekort na meer as 40 jaar as vlieënier af en dit was een van sy laaste vlugte agter die stuurstang van 'n groot straler. Hy het die geleenthei­d gehad om vir oulaas nog een keer na George te vlieg.

George lê hom na aan die hart. Hy was hier op skool en het goeie herinnerin­ge aan George. Destyds op skool het hy al besluit hy wil vlieg. "Ek wou van kleins af vlieg. Daar was geen ander opsie nie."

Hy was nooit bang nie en het nie gedink dit is ’n gevaarlike werk nie. Horn was tot in 1994 by die Suid-Afrikaanse lugmag as vlieënier betrokke. Sondag is Horn op die George-lughawe ingewag deur vriende en oudkollega­s - selfs uit sy lugmagdae. Voordat hy weer 'n groep passasiers na Johannesbu­rg geneem het, het hy vinnig tyd ingeruim om met die George Herald te gesels.

Horn het vertel dat hy 46 jaar gelede begin vlieg het en byna 22 000 vliegure voltooi het. Eersdaags sal hy die laaste keer in beheer van 'n vliegtuig wees, want hy maak op 14 November klaar. Natuurlik is daar goeie herinnerin­ge van sy dae in die lugruim, maar van al die kere wat hy gevlieg het, gaan hy die mense die meeste mis. Hy het geen planne om in die toekoms weer te vlieg nie. "Familie kom nou eerste en ek gaan aandag gee aan stokperdji­es soos motorfiets­ry en houtwerk."

Horn beskou dit nie as gevaarlik om te vlieg nie. "Dit is net gevaarlik, as jy dit gevaarlik maak."

In die algemeen was daar nooit enige ernstige insidente nie en gelukkig het hy 'n veilige, suksesvoll­e vliegloopb­aan gehad.

Wat hy altyd sal onthou is sy loopbaan in die destydse Suid-Afrikaanse lugmag by 35 Eskader. Die kameraadsk­ap staan na al die jare nog steeds uit. Hy was ook bevoorreg om twee keer formasie te kon vlieg in 'n F14 Tomcat. Hartog Blok, 'n jare lange vriend en ook 'n vlieënier en navigator, het gesê Japie en hy ken mekaar meer as 40 jaar. "Hy is 'n baie ordentlike mens, wat omgee vir ander mense. In sy lewe gaan dit nie om hom nie.

"Japie het dinge baie profession­eel gedoen en die lewe geniet."

 ??  ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comJapie Horn (middel) is Sondag op die George-lughawe ingewag deur vriende en oudkollega­s. Dit was sy laaste vlug na George. Foto: Eugene Gunning
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comJapie Horn (middel) is Sondag op die George-lughawe ingewag deur vriende en oudkollega­s. Dit was sy laaste vlug na George. Foto: Eugene Gunning

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa