George Herald

Huurders se deure en toilet verwyder oor wanbetalin­g

- Myron Rabinowitz

"Die eienaar se kêrel het by die huis ingebars, deure uitgebreek, toilet en wasbak verwyder en ons besittings beskadig. Dit was verskrikli­k." Só beskryf Elizabeth Windwaai van Rosemoor die gebeure wat verlede Vryagaand, 2 November, by haar huurhuis in Hickstraat afgespeel het.

Omstreeks 18:00 was die Windwaaifa­milie rustig by hul huis toe die eienaar van die huis, Elzette Wolhuter se kêrel, met 'n vriend daar aangekom.

Die polisie is gebel, maar hulle het die situasie net kalmeer en gesê dat hulle nie 'n saak kan oopmaak nie, aangesien dit 'n siviele saak is.

"Ons betaal R2 500 per maand, en ek het Vrydagaand sit die gesin met ‘n groot gat in die muur waar ‘n deur voorheen was. Die deur is met raam en al verwyder.

aan Wolhuter gesê dat ons môre (Saterdag 3 November) die huur sou betaal, maar sy wou nie luister nie. Sy het gesê ons was twee maande agter met ons huur."

Wolhuter het die George Herald na haar prokureur, Willie Kruger, van Stadler en Swart verwys. Kruger het gesê Wolhuter is 'n erfgenaam van die eiendom en dat hulle besig is om haar as eksekuteur aan te stel.

"Die mense in die huis is agterstall­ig en sy het betaling geëis.

Hulle is maand-tot-maand huurders en sy het hulle een kalenderma­and kennis gegee. "Die Windwaai-gesin was vandeeswee­k steeds in die huis.

 ??  ?? Die Windwaai-gesin buite die huis Saterdagog­gend Natasha (links), Jasmine, Elizabeth, Cameron, Joshua, Sulala en Ebrahem Windwaai.
Die Windwaai-gesin buite die huis Saterdagog­gend Natasha (links), Jasmine, Elizabeth, Cameron, Joshua, Sulala en Ebrahem Windwaai.
 ??  ?? Motion Fitness What we offer:
Motion Fitness What we offer:
 ??  ?? Die toilet en wasbak is uit die badkamer verwyder.
Die toilet en wasbak is uit die badkamer verwyder.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa