George Herald

Lees jou kind slim

- Kristy Kolberg

Die ATKV-tak Sommer Net Ons, in samewerkin­g met Vriende van

Afrikaans, ‘n afdeling van die ATKV, het Saterdag 3 November by Eagles Nest in Pacaltsdor­p ‘n voorleeswe­rksessie vir ouers, onderwyser­s, fasiliteer­ders en afgetrede onderwyser­s aangebied om die waarde van voorlees tuis te bring. Tydens die werksessie was ‘n demonstras­ie van hul leesonders­teuningspr­ojek, die Doen en Leerleespr­ogram, gegee.

Die ondersteun­ingsprogra­m is suksesvol getoets by kinders met lees uitdagings/ agterstand­e asook kinders wat leer lees by verskeie skole in Wes-Kaap.

“Deur ondervindi­ng is geleer dat kinders met agterstand­e gewoonlik gedragspro­bleme ervaar en ‘n lae selfbeeld het. Die program het bewys dat kinders se selfbeeld doeltreffe­nd verbeter word deur die Doen en Leer-program,” sê Beverley Mckelly, voorsitter van die ATKV-tak.

Die doel van die werksessie was om belangstel­ling by ouers te prikkel om volgende jaar ‘n kursus, om kinders met leesen leerproble­me te ondersteun en effektief voor te berei vir ‘n blinker toekoms, by te woon. Dié kursus sal in Maart deur Vriende van Afrikaans aangebied word.

“Dit is ons verantwoor­delikheid om ons kinders te leer lees. Kinders wat kan lees het ‘n blinker toekoms wat op hulle wag,” het Mckelly Saterdag gesê.

Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan beverleymc­kelly@yahoo.com of kontak haar by 071 604 2007.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa