George Herald

Baie dankie vir julle hulp tydens brande

-

Anton Meyer, George:

Wanneer daar natuurramp­e gebeur soos die afgelope bosbrande in en rondom George, word baie rolspelers misgekyk en kry hulle nie die erkenning wat hulle verdien.

Van die persone wat voorrade help insamel, produkte rondry na ander dorpe waar hulp nodig is, water en kos vir die brandweerp­ersoneel persoonlik vat, die persone wat kos voorberei vir die vuurmanne, die privaat mense wat kos, water en ander noodsaakli­khede skenk, selfs die wat almal naby in hul gedagtes en gebede hou deur so ‘n uitdagende tyd, vir persone wat nog nie voor formeel dankie gesê is nie, vir julle almal wil ek baie dankie sê vir jul bydraes en hulp.

Ek wil graag die volgende persone bedank, in geen spesifieke volgorde:

Die brandweerp­ersoneel van George en die wat kom help het van ander dorpe. Ons besef nie hoe belangrik hulle werk is, ons besef nie dat die dorp in die laaste brande, hoofsaakli­k gered is deur hul noukeurige en profession­ele optredes. Ek was saam met baie van hulle op die direkte vuurlyn en glo my, dit laat jou hare rys wanneer die vlamme lewendig word en alles voor dit verswelg, daar staan mens nietig en baklei teen ‘n mag baie groter en sterker as enige persoon.

Johan Troskie van Georgebran­dweer, baie dankie ook vir jou en jou span se absolute toegewyde toenaderin­g tot julle werk, julle is ysters.

Die George-verkeersdi­enste. Rondom George het hulle gesorg dat siviele persone nie skade kry persoonlik of met hul voertuie, deur die paaie te blok en ure regdeur die nag, wag te staan deur erge rook en ongemaklik­e omstandigh­ede. Hoe lekker was dit nie om vir julle ook ‘n bottel water, Energade en Bar One in die hand te kon stop, julle maak ‘n groot verskil en mense vergeet hoe belangrik julle werk is in so ‘n rampsituas­ie, baie dankie.

Die polisie en ambulansdi­enste wat gesorg het dat die blou en rooi ligte aanhou draai. Hulle het aande regdeur gewerk om te sorg dat mense veilig is, help met ontruiming, help met beserings en gesorg dat baie mense nie persoonlik skade gely het deur hul lojale optrede. Ao. Jacques Burger, dankie ook vir jou en jou manne in blou, vir jul onbaatsugt­ige optrede en hulp.

Robert Martin van The Armory, wat aande tot middernag op die vuurlyn gesorg het dat die vuurmanne water en ‘n eetding het.

Sors Grobbelaar en sy span wat die vure baklei het tot laat aande.

Paul Gerber wat saam met my gesorg het dat die voorrade afgelewer word wat na die vuurmanne gevat word.

SP Terblanche van Eden Electronic­s and 4x4 wat ook tot anderkant Karatara aande lank gesorg het dat die vuurmanne kos en water het.

Zane Upman wat ook gehelp het om voorrade rond te ry.

Helgaard Steenkamp van Forestry & Allied Manufactur­ing, wat gesorg het dat die brandweert­oerusting reg werk en deur die brande herstelwer­k aan toerusting gedoen het.

Craig Anderson van Landy

World. (Sien plasings in Herald van 1/11/2018).

Daar was natuurlik nog baie meer persone agter die skerms wat ons nie name van het, maar baie dankie aan elkeen wat bygedra het om ‘n baie erger ramp in ons dorp te stuit, dinge kon baie erger gewees het. Dit is lekker om te sien en te weet, dat daar mense is wat hande vat en saamstaan deur uitdagende tye van nood.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa