George Herald

Die brande - ‘n warmte om die hart?

-

Elbie Schoeman, George:

Ek was deel van die SANParke ereveldwag­terspan wat die Wilderness-streek van die Tuinroete Nasionale Park bygestaan het tot en met gistermidd­ag (Maandag 5 November) laat.

Die brande wat om ons dorp gewoed het en sy verwoesten­de tog nog steeds in die omgewing voortsit, is verskrikli­k. Ons berg, ons mense, ons diere en ons plante is swaar verwond.

Tog neem ons weer en weer waar hoe medemensli­kheid die gemoed verlig en swaarkry makliker maak. Die Tuinroete Nasionale Park is diep getref deur die brand. Daar was lewensverl­ies, woude het verbrand, behuising is verwoes, fabrieke is daarmee heen. Aan werknemerg­esinne wat huis en haard verloor het, of wie se eiendom so beskadig is dat hulle dit vir eers moes verlaat, is voorlopig in die Ebb & Flow-ruskamp behuising verskaf en hulle is ook van lewensmidd­ele voorsien. Die SANParke-ereveldwag­ters het in hierdie tyd die personeel van die Wilderness-streek bygestaan met die administra­sie en verspreidi­ng van die massas donasies wat deur persone met meelewing en instansies geskenk is. Die welwillend­heid van mense was ‘n totale riem onder die hart. Daar is ook afgelewer: ‘n Kartondoos met lekkertjie­s in sakkies verpak en met fraai strikkies vasgebind, pakkies vir die gesinne en kinders. Daarby saam twee kaartjies met boodskappi­es uit die hart uit. Die kinders van Grant Grootboom, gasvryheid­sbestuurde­r van die Wilderness-streek van die Tuinroete Nasionale Park, Abigail en Ethan, was die skenkertji­es wat die maatjies net ‘n bietjie beter wou laat voel. Oud en jonk, die brande het almal diep geraak ...

 ??  ?? Abigail Grootboom verwoord haar medelye in ‘n briefie.
Abigail Grootboom verwoord haar medelye in ‘n briefie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa