George Herald

JB Motors gee pas aan in rolballiga

- Jannie Meyer

'n Nuweling-span, JB Motors, was eerste uit die blokke in die Love 4

Vintage en FNB Insurance-rolballiga vir besigheids­panne met die vorige reeks se kampioene, KTV wat met die intrapslag gegly en die tiende plek na die eerste ronde inneem.

Diva's was oorstelp van vreugde met hul tweede plek wat verreweg die hoogste posisie is wat hulle in verskeie reekse ingeneem het.

Drie van JB Motors se spanlede het in die vorige reeks span Ettean & Friends verteenwoo­rdig en ook na die eerste twee rondes die eerste plek beklee.

KTV het in die vorige reeks ook stadig begin, maar hul plek gaandeweg na die eerste plek en kampioensk­ap oopgeveg. Die tyd sal leer of hulle dit weer gaan regkry en hul titel suksesvol verdedig.

Accidental Bowlers is die groentjies­pan wat met hul derde plek die beste in die eerste ronde gevaar het.

Die kompetisie word op 'n krag-teen-krag basis gespeel wat beteken dat die stryd al hewiger raak soos die liga vorder en hierdie reeks sal geen uitsonderi­ng wees nie.

Vanaand (Donderdag) word die tweede ronde vanaf 18:00 op die bane van die Outeniqua-rolbalklub in Airwayweg, Heatherpar­k gespeel en alle belangstel­lendes is welkom om die wedstryde gratis by te woon en saam met die spelers sosiaal te verkeer.

Die klublede berei ligte etes voor en 'n kontantkro­eg is beskikbaar.

1 JB Motors 13; 2 Diva's 13; 3 Accidental Bowlers 12; 4 Miskruiers 12; 5 Bruwer Reynolds Prokureurs 12; 6 Bowling Stones 12;

7 Supporters 12; 8 Disasters 11; 9 Frikkie 11; 10 KTV 11; 11 Kloppers 11; 12 Kommaweer Stoffeerde­rs 11; 13 York Auto 11; 14 The Privates 11; 15 Spoed 5; 16 Mend a Bath 5; 17 Magic Rollers 5; 18 Just Property 5; 19 Mac Dee Hops 5; 20 Jack's Paint & Hardware 5;

21 Ricoh 5; 22 Vorster Motors 4; 23 4 Musketeers 4; 24 Toyota Butz & Gutz 4; 25 Seamans Renault 4; 26 Biltong & Braai 4; 27 Butter Bowls 3; 28 Talisman 3.

 ??  ?? JB Motors se span wat na die eerste ronde die topposisie op die punteleer ingeneem het. Die spanlede is van links Piet, Johan, Ettean en Pieterjan.
JB Motors se span wat na die eerste ronde die topposisie op die punteleer ingeneem het. Die spanlede is van links Piet, Johan, Ettean en Pieterjan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa