Ge­or­ge-muur­bal­klub vier 50ste be­staans­jaar met groot ma­kie­tie

George Herald - - Sport -

Die Ge­or­ge-muur­bal­klub het op Sa­ter­dag 13 Ok­to­ber hul 50ste be­staans­jaar met 'n groot ma­kie­tie ge­vier.

Die ryk ge­skie­de­nis van dié klub da­teer te­rug na die Twee­de Wê­reld­oor­log toe die RAF die eer­ste muur­bal­ba­ne in Ge­or­ge ge­bou het as 'n ma­nier om die fiks­heid van hul weer­mag­per­so­neel te ver­be­ter. Die for­me­le klub is eg­ter eers in 1968 ge­stig met dr. Matthys Strydom wat as die eer­ste voor­sit­ter aan­ge­wys is.

Die klub het met­ter­tyd ge­skuif na sy hui­di­ge per­ma­nen­te a­dres by die Ge­or­ge­sport­klub.

Die klub se be­staans­jaar­vie­rin­ge is by­ge­woon deur tal­le oud­pre­si­den­te en le­de en het saam­ge­val met In­ter­na­si­o­na­le Muur­bal­dag.

Die eind­stry­de van die klub­kam­pi­oen­skap­pe het ook plaas­ge­vind waar­na al­le le­de 'n heer­li­ke spit­braai saam ge­niet het na die dag se spel.

Die Ge­or­ge-muur­bal­klub wil graag 'n spe­si­a­le woord van dank uit­spreek teen­oor al­mal wat die dag moont­lik ge­maak het, in die be­son­der die Ge­or­ge-mu­ni­si­pa­li­teit vir hul on­der­steu­ning met die voor­af­gaan­de op­knap van die sport­klub.

Tal­le oud­pre­si­den­te van die Ge­or­ge-muur­bal­klub het op Sa­ter­dag 13 Ok­to­ber dié klub se 50ste be­staans­jaar­vie­rin­ge by­ge­woon. Van links: C­har­lie Amm, Ger­rie Wil­ler, San­dy Wit­te­veen, Frank Wit­te­veen, T­hel­ma Far­rell, Ko­bus van Wyk en Ri­aan Potgieter (hui­di­ge pre­si­dent).

Die wen­ners van die Ge­or­ge-muur­bal­klub se klub­kam­pi­oen­skap­pe wat ty­dens die klub se 50ste be­staans­jaar­vie­rin­ge ge­speel is. Van links: Alou­i­se Campher (naas­wen­ner: vroue), He­leen de Ja­ger (vrou­e­wen­ner), John Kuhn (mans­wen­ners) en Jar­ryd Car­ter (naas­wen­ner: mans).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.