George Herald

16 dae van aktivisme begin in George

- Kristy Kolberg

Inwoners van George en amptenare van die George-munisipali­teit het Maandag 26 November die begin van 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders gevier.

Raadslede, verteenwoo­rdigers van George-munisipali­teit se gemeenskap­sontwikkel­ingsafdeli­ng, plaaslike verkeer, lede van die Thutuzela-sorgsentru­m, plaaslike polisieled­e, lede van die ACVV, Phambili-skuiling vir mishandeld­e vroue en kinders, die departemen­t van gesondheid, slagoffers en gerehabili­teerde misdadiger­s, het aan 'n vreedsame optog in Yorkstraat deelgeneem.

Na afloop van die optog is 'n program by die George-museum aangebied waar onderburge­meester van George, Charlotte Clarke, tydens haar toespraak 'n beroep op die gemeenskap gedoen het om aktief deel te neem aan die stryd om geweld teen vroue en kinders uit te roei. "Dit is tyd dat ons mans die voortou neem en die mondstukke, die voorstande­rs en kampioene van hierdie veldtog word om enige vorm van geweld uit te roei. Ek wil ouers vra om rolmodelle vir hul kinders te wees en die gedragspat­rone wat ons van hulle verwag, uit te beeld."

Frendeline Stellenber­g, wie se man iemand gehuur het om haar dood te maak, het as 'n slagoffer van mishandeli­ng gepraat.

Sy het 23 meswonde aan haar lyf tydens die aanval opgedoen. Haar boodskap aan slagoffers van mishandeli­ng was om op te staan en te praat.

Raadslid Sean Snyman het tydens sy toespraak benadruk dat enige vorm van mishandeli­ng summier gestop moet word. "Dit is tyd om die kettings van slawerny te breek en op te staan. Genoeg is genoeg.

Die 16 dae van aktivisme moet vir 365 dae toegepas word."

 ??  ??
 ??  ?? Sien nog foto’s by www.georgehera­ld.com Die boodskap is duidelik deur verskeie plakkate oorgedra.
Sien nog foto’s by www.georgehera­ld.com Die boodskap is duidelik deur verskeie plakkate oorgedra.
 ?? Foto’s: Kristy Kolberg ?? Verskeie gemeenskap­slede het aan die optog deelgeneem wat Maandagogg­end in Cradockstr­aat begin het en by die George-museum geëindig het.
Foto’s: Kristy Kolberg Verskeie gemeenskap­slede het aan die optog deelgeneem wat Maandagogg­end in Cradockstr­aat begin het en by die George-museum geëindig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa