George Herald

Man kry 18 jaar vir sy meisie se moord

- Kristy Kolberg

Anrick Corridon (28), die jong man wat homself in Maart 2017 aan die polisie oorgegee het ná hy sy meisie, Elzaan Mohammed (31), met 'n piksteel aangerand het, is Woensdag 7 November in die Thembaleth­u-streekhof aan moord skuldig bevind.

Hy is kort daarna deur landdros Pumela Yono tot 18 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Die polisie is op 26 Maart omstreeks

12:20 na die George-hospitaal ontbied waar Mohammed (31) in 'n kritieke toestand opgeneem is.

Daar is toe reeds vermoed dat sy die vorige aand deur Corridon in 'n huis in Figelandst­raat, Borcherds, aangerand is.

Mohammed, 'n ma van drie kinders, het oop wonde aan haar kop gehad en is 'n paar dae later in die Groote Schuur-hospitaal oorlede.

Corridon het homself daarna aan die polisie oorgegee.

Volgens Conville-polisie se stasiebeve­lvoerder, kol. AB Kriga, was die getuienis van die paartjie se 7-jarige kind van kardinale belang tydens die verhoor. "Hy het in 'n geslote hof getuig hoe hy gesien het hoe sy pa sy ma verskeie kere met 'n piksteel slaan," sê Kriga.

Karin Barnard was die staatsaank­laer en die saak is deur konst. Lindinkosi Yoko van die Conville-speurtak ondersoek. [CAPTION]

 ??  ??
 ??  ?? Die plaaslike polisie, gemeenskap­spolisiëri­ngsforum (GPF), gemeenskap­slede en lede van ‘n program vir die bemagtigin­g van slagoffers van misdaad (victim empowermen­t programme), het beloof om dié veldtog vir 365 dae van die jaar uit te voer.
Die plaaslike polisie, gemeenskap­spolisiëri­ngsforum (GPF), gemeenskap­slede en lede van ‘n program vir die bemagtigin­g van slagoffers van misdaad (victim empowermen­t programme), het beloof om dié veldtog vir 365 dae van die jaar uit te voer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa