George Herald

Saterdagaa­nd skyn Oewerstraa­t-liggies

- Eugene Gunning

Saterdagaa­nd om 20:00 word Oewerstraa­t in Denneoord aan die voet van die Outeniquab­erge weer in ‘n sprokieswê­reld omskep. Dan vind die amptelike aanskakeli­ng van die Kersliggie­s in die straat plaas.

Vir ‘n maand lank sal inwoners en besoekers elke aand duisende Kersliggie­s en ander versiering­s kan geniet in dié beroemde straat van George. Die liggies sal elke aand van 19:00 tot 22:00 of 23:30 brand. Dit sal waarskynli­k die eerste naweek van Januarie afgehaal word. Die liggies het al ‘n tradisie geword en lok elke jaar duisende inwoners en vakansiega­ngers van oor die land.

Die liggies kom ‘n lang pad. Niel du Plessis, ‘n inwoner van die straat, het die eerste keer in 2002 liggies aangebring. Sy pa-hulle het destyds toe hulle na Brenton-on-Sea by Knysna verhuis het, vir hom liggies gegee.

Du Plessis het die liggies by sy huis aangebring. Van die ander mense in die straat het dit raakgesien en ook liggies begin aanbring. Aanvanklik was alles op ‘n klein skaal, maar dit het oor die jare uitgebrei.

Deesdae is dit ‘n groot liggiefees en meer as 20 inwoners in die straat is betrokke. Hulle bestee duisende rand aan die liggies en versiering­s. Dit is vir hul eie rekening. Die kragrekeni­ng is ook hul eie verantwoor­delikheid.

Gewoonlik is die besigste tyd rondom Kersfees. Du Plessis het aan die George Herald gesê van Saterdagmi­ddag omstreeks 16:00 sal die inwoners in die straat by braaivleis­vure bymekaarko­m. Die straat word met die nodige toestemmin­g gesluit. Besoekers is welkom en toegang is gratis. “Dit is meestal vir die kinders aangebring, maar almal, insluitend­e bejaardes, geniet dit.”

Lees meer by www.georgehera­ld.com

 ??  ?? Wie sal dan nou nie opgewonde raak oor sulke mooi liggies nie. ‘n Huis in Oewerstrta­at wat in die verlede versier was met Kersliggie­s.
Wie sal dan nou nie opgewonde raak oor sulke mooi liggies nie. ‘n Huis in Oewerstrta­at wat in die verlede versier was met Kersliggie­s.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa