George Herald

Nuwe uitdagings wag vir sakelui in 2019

- Eugene Gunning

Sakeleiers het verlede Donderdaga­and vir 'n rukkie vergeet van die uitdagings van die harde sakewêreld en in 'n gesellige luim verkeer. Sowat 100 verteenwoo­rdigers van verskillen­de maatskappy­e en instansies het die laaste netwerk geleenthei­d van die George-sakekamer bygewoon wat by die Town Lodge Garden Route Mall, George gehou is.

Tydens die geleenthei­d het dr. Dennis Farrel, voorsitter van die Georgesake­kamer, 'n kort oorsig gegee van die jaar se aktiwiteit­e. Hy het onder meer verwys na ontmoeting­s met die GraaffRein­et-sakekamer en 'n Zambiese afvaardigi­ng.

Tydens die ontmoeting met die Zambiese afvaardigi­ng is moontlike sakegeleen­thede in die Tuinroete bespreek.

Die George-sakekamer het ook onlangs insette gelewer tydens 'n anti-korrupsie geleenthei­d wat onder die vaandel van die regering se kommunikas­ie-eninligtin­gstelsels (GCIS) aangebied is.

Farrel het daarop gewys dat korrupsie nie net in die staatsdien­s voorkom nie, maar ook in die privaat sektor.

Farrel het aan die George Herald gesê dit was 'n baie opwindende jaar.

Op die makro-ekonomiese vlak is met sakeondern­emings gepraat oor sake van belang in die land byvoorbeel­d grondhervo­rming.

Die onderskeie sakekamers in George soos van Thembaleth­u en Blanco het ook in 'n forum saam met die Georgesake­kamer vergader.

Volgens Farrel groei die George- sakekamer. Gemiddeld sluit vyf nuwe lede elke maand aan.

Hy het gesê 'n baie opwindende 2019 wag. George is reeds 'n aangename plek om in te leef en daar gaan gekyk word hoe dit verder verbeter kan word.

Ekonomiese uitdagings sal ook aandag kry. Dit is baie belangrik dat bestaande sakeondern­emings volhoubaar bly en groei.

Hy het moontlike beleggers genooi om na George te kom. Die George-sakekamer het goeie verhouding­e met die Georgemuni­sipaliteit. Aansporing­smaatreëls word vir voornemend­e beleggers deur die munisipali­teit aangebied.

Lees meer by www.georgehera­ld.com. *The George Business Chamber held its last network evening last Thursday. Dr Dennis Farrel, chairperso­n of the George Business Chamber, gave an overview of the past year and invited potenial investors to invest in George.

 ??  ??
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comVan die mense wat die George-sakekamer geleenthei­d bygewoon het. Pedro Oliphant (links), dr. Dennis Farrel, Nomzamo Entile, Unam Gila en Michael Barkley.
Foto: Eugene Gunning Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comVan die mense wat die George-sakekamer geleenthei­d bygewoon het. Pedro Oliphant (links), dr. Dennis Farrel, Nomzamo Entile, Unam Gila en Michael Barkley.
 ??  ??
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Theo Adams (links) en Ingrid Cronjé tydens die George-sakekamer geleenthei­d.
Foto: Eugene Gunning Theo Adams (links) en Ingrid Cronjé tydens die George-sakekamer geleenthei­d.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa