George Herald

Black Friday ‘chaoties’ en ‘fantasties’

-

Alida de Beer

Georgiete het hulle deel bygedra tot spandering en stimulerin­g van die ekonomie op Black Friday.

'n Skare mense het al van voor middernag Vrydag by Game Garden Route Mall saamgedrom vir die winkel se Black Fridayaanb­iedings.

Dit moes een van die besigste winkels in George gewees het. "Ons was baie besiger as verlede jaar en ons verkope is op. Ons het 'n taamlike toeloop gehad," sê die bestuurder, Rudolph Serfontein.

Volgens Serfontein het mense vir 15 na 20 minute bly instroom nadat die deure oopgemaak het. "Baie mense wat werk, het gebruik gemaak van die middernagt­elike inkopie-ure. Ná 03:00 het dit bietjie afgeneem, maar dit het weer na 07:30 goed opgetel. Ons het die rye goed bestuur en ons nuwe betaalpunt­stelsel het gehelp om mense relatief vinniger te bedien as verlede jaar."

Die gewildste produkte by Game was huishoudel­ike toerusting, tegnologie en televisies.

Kloppers se bestuurder, Hein Botha, glimlag breed. "Dit was fantasties, chaoties. Daar was definitief baie meer mense en meer afwagting vir Black Friday vanjaar. Ons het rye gehad, maar dit was darem goed bestuur.

Ons het al Donderdag met ons promosie begin om te keer dat dit te erg raak.

Mense het veral televisies, tegnologie en huishoudel­ike toerusting gekoop."

Tekkie Town se uitvoerend­e hoof, Riaan van Rooyen, sê algemene verkope was goed.

"Ons het so 4% op verlede jaar gegroei. George was een van ons beste areas waar ons verkope meer as 50% gegroei het."

Pick n Pay Minimark-bestuurder Carlos da Silva sê Black Friday het goeie verkope opgelewer.

"Ons grootste dag was Vrydag, maar ons aanbieding­e was aan vir die hele naweek sodat daar nie soveel samedrommi­ng en rye net op een dag was nie."

By Dis-Chem was die voete min of meer dieselfde as verlede jaar, sê die assistentb­estuurder, Pieter Terblanche.

"Ons het goed gedoen en was die hele naweek besig. Ek dink omdat talle winkels Black Friday oor drie dae gemaak het, het baie mense Vrydag weggebly om die skare te vermy."

Ons was baie besiger as verlede jaar en ons verkope is op.

 ??  ?? Foto: Werner Ekron, Facebook
Foto: Werner Ekron, Facebook

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa