Pas­sa­siers aan boord met S­lim­kaart se weg­spring

George Herald - - News -

Die GO GE­OR­GE S­lim­kaart het op 15 No­vem­ber in wer­king ge­tree met pas­sa­siers wat eers d­rie dae la­ter hul kaar­te be­gin ge­bruik het, ná ’n kom­pli­men­tê­re pe­ri­o­de van gra­tis bus ry vir kaart­hou­ers. Die jong­ste ver­koop­sy­fers toon dat 14 380 S­lim­kaar­te reeds ver­koop is, en ’n ge­skat­te 90% van daag­lik­se rit­te wat se­dert Son­dag 18 No­vem­ber on­der­neem is, is ge­doen deur S­lim­kaart­hou­ers.

“Ons was voor­be­reid om ver­skeie moont­li­ke pro­ble­me op te los aan­ge­sien mens nooit weet wat­ter draai­bal mag op­duik met die im­ple­men­te­ring van ’n al­ge­he­le nu­we stel­sel nie,” sê Ja­mes Robb, GO GEORGE­be­stuur­der. “Ons mik­punt was om on­ge­rief vir pas­sa­siers tot die mi­ni­mum te be­perk, en ek kan sê dat die aan­vank­li­ke paar haak­plek­ke mak­lik was om te i­den­ti­fi­seer en dat ons be­sig is om dit aan te spreek. Dit be­te­ken nie dat al­les van nou af seep­glad gaan ver­loop nie, maar ons is vol ver­troue dat die be­plan­ning wat in die ge­ou­to­ma­ti­seer­de stel­sel in­ge­gaan het, vrug­te af­werp.”

Pas­sa­siers wat e­ni­ge pro­ble­me met hul S­lim­kaar­te on­der­vind word ver­soek om na hul naas­te S­lim­kaart­ki­osk te gaan waar die per­so­neel die kaart sal toets. Hul laas­te kwi­tan­sie en S­lim­kaart saam sal al die in­lig­ting be­vat wat no­dig is om die klag­te te re­gis­treer: da­tum, tyd, roe­te, bus­hal­te, be­stuur­der en bus­nom­mer.

In­dien ’n kaart fou­tief be­vind word, sal dit gra­tis ver­vang word en die ba­lans van rit­te daar­op oor­ge­plaas word.

In­dien ’n kaart be­ska­dig is, kan die kaart­hou­er ’n nu­we een koop teen die nor­ma­le prys van R40 en ook die rit­ba­lans laat oor­dra ná ve­ri­fi­ka­sie.

Vir e­ni­ge na­vrae oor die lig­ging van mo­bie­le S­lim­kaart­voer­tuie en -ki­osks of her­laai­pun­te, of hoe om die kaaart te ge­bruik, s­ka­kel die GO GEORGEin­bel­sen­trum by 0800 044 044.

Lees meer by www.ge­or­ge he­rald.com.

Sa­ki­rah Klaas­sen (5) van Blan­co het die bood­skap hard en dui­de­lik ge­hoor. Sy het haar eie S­lim­kaart mét oor­klim­kwi­tan­sie en al Maan­dag­og­gend in sy eie kos­blik­kie aan die be­stuur­der aan­ge­bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.