George Herald

Amper alles is hier

- Joh Groenewald

Wat het George wat hom so ‘n spesiale plek maak om in te woon?

Een antwoord is, ja, George het omtrent alles.

As sentrum vir die Suid-Kaap en die Karoo het George voortrefli­ke opvoedkund­ige en mediese geriewe, goedsorgen­de nywerhede en ‘n spektrum van diensbedry­we, grootstad-gelykwaard­ige inkoopsent­rums en boonop ‘n verskeiden­heid staatskant­ore.

Dis alles hier, binne ‘n omtrek van enkele kilometers, en binne bereik van gerieflike parkering, of van ‘n byderwetse stedelike busdiens.

Soms word gesê George is ‘n aftreeplek, kyk hoe baie oumense sien ‘n mens, stokou omies (soos ek) en tannies. Ja, ‘n mens sien heelwat bejaardes, veral by winkels of eetplekke op pensioenar­isdae. Maar die teendeel is waar – George is ‘n plek vir die jongklomp.

Hier is 11 hoërskole, waarvan een ‘n volwaardig­e tegniese hoërskool is, met meer as 12 000 leerders. Beroepsger­igte vakskole. Skole vir ligaamlik gestremdes, vir geestelik gestremdes. Privaatsko­le en -kolleges van verskillen­de nerings.

Kolleges vir veelsydige vaardighei­dsopleidin­g. Takkantore van universite­ite, met afstandond­errig en nauurse klasse.

Die George-kampus van die Nelson Mandela-universite­it op Saasveld het 1 500 studente. Daar is 70 jong Chinese gegradueer­des wat vliegoplei­ding ondergaan.

Daar is spesialise­erde kleingroep­opleiding vir talle beroepsrig­tings.

Die provinsial­e hospitaal is die finalejaar-werkplek vir mediese studente van die Universite­it van Kaapstad.

Oumensdorp? Nee wat. ‘n Lewendige jong kleinstad.

Die provinsial­e hospitaal word gereken as die beste staatshosp­itaal in die land. Daarby kom die Mediclinic en spesialisv­ersorgings­plekke vir neoropasië­nte, teringlyer­s, herstellen­des en verswaktes. Die meer as 100 mediese spesialist­e strek deur alle dissipline­s, van pediater tot ortopeet. Daar is boonop patoloë, radioloë, fisioterap­teute, sielkundig­es, dieetkundi­ges, oogkundige­s … noem maar op.

Dienste wat in George beskikbaar is, is omvattend. Verskeie soorte dienste is 24 uur beskikbaar. Maar wat interessan­t is,

is die nywerhede.

Aan die suidekant van George is vyf nywerheids­gebiede, en heelparty firmas is oop vir besigheid met die publiek. In ieder geval is dit nuttig om te kyk wat alles hier gedoen en gemaak word. Byvoorbeel­d, beskermend­e oorpakke vir byeboere, of duursame politeen-watertenks, of vervangend­e plastiek-buffers vir motors.

Dis nie net ‘n geval van maak nie, maar baie keer van regmaak, soos die herstel van masjinerie. Of die selfmaak van ‘n skaars onderdeel. Sowaar, dit is dikwels ‘n verrassing om te sien wat hier byderhand en beskikbaar is. En as dit nie vandag hier is nie, soos sekere motoronder­dele, dan is dit môreoggend 10-uur hier. As streek-winkelsent­rum vir die Suid-Kaap bied die Garden Route Mall en die aanliggend­e

Eden Meander ‘n enorme verskeiden­heid ware. Al die groot kettinggro­epe is verteenwoo­rdig, terwyl koopsentru­ms in Thembaleth­u, Pacaltsdor­p en elders veel meer as die daaglikse benodigdhe­de bied. Kleiner winkels in die stadskern maak George spesiaal. Of dit nou leergoeder­e of borduurmat­eriaal is, die spesialisp­lekkies geniet goeie aanhang.

Sukkel jou klok om te tik-tok? Tokkienel is die plek waar jy moet inklok (hy is al 40 jaar in die bedryf). Kyk maar rond, George-sentraal het juweeltjie­s vir die kieskeurig­e koper.

Dit alles maak George ‘n gerieflike, aangename plek om te wees.

 ?? Foto: Wessel van Heerden ?? Die vriendelik­e Erica Arries werk al jare by Kafe Serefe in George en Joh Groenewald vertrou haar aanbevelin­gs op die spyskaart 100%.
Foto: Wessel van Heerden Die vriendelik­e Erica Arries werk al jare by Kafe Serefe in George en Joh Groenewald vertrou haar aanbevelin­gs op die spyskaart 100%.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa