George Herald

Emmaus Kersmark hierdie Saterdag

-

Emmaüs beskermde werksentru­m vir volwasse gestremdes is tans ‘n miernes van bedrywighe­de soos alles in gereedheid gebring word vir die jaarlikse Kersmark wat Saterdag 1 Desember vanaf 08:00 plaasvind. Die Kersmark vind by Emmaüs in Memoriumst­raat plaas en beloof om weer, soos in die verlede, ‘n ietsie van alles vir almal te bied.

Die vleistafel gaan kreun onder die vleis, daar kom steeds daagliks items vir die witolifant­tafel in asook tweede handse boeke, en natuurlik is daar die gewone dinge soos basaarpoed­ing, kerrie-afval, koekies en beskuit, kaaskoek in die teetuin, asook pragtige handwerk en houtwerkpr­odukte.

Kom ondersteun asseblief Emmaüs se groot fondsinsam­elingspogi­ng.

 ??  ?? Pragtige handwerkit­ems spesiaal na u smaak.
Pragtige handwerkit­ems spesiaal na u smaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa