George Herald

88-jarige publiseer 5de boek

- Alida de Beer

Hy is ‘n rype 88 en sy fisiese kragte neem af, maar Swannie Swanepoel se brein werk nog flink en die woorde vloei wanneer hy eers begin dig en skryf.

Hy stel vandag sy vyfde boek in vyf jaar bekend.

Dit bevat twee kortverhal­e en ‘n keur van 50 van sy gedigte. Die eerste verhaal in die boek, En toe kom die reën, speel af in die Waterberg in die tydperk van 1925 tot 1933.

Dit vertel van die lief en leed van drie families op hul plase teen die agtergrond van die land se groot droogte en hulle vindingryk­heid om die uitdagings te oorkom en steeds suksesvol te kan boer. In die tweede verhaal, Karools Fortuin vang Swanepoel die vertelling­s vas van ‘n bejaarde skaapwagte­r wat ‘n groot indruk op hom gelaat het toe hy nog ‘n jong seun was. Swanepoel het tot ‘n paar jaar gelede nog self met sy romans en verhale met die hand geskryf, maar omdat sy hande deesdae te veel bewe, gebruik hy ‘n diktafoon en sy seun, Deon voer dit in op rekenaar. Hy droom nou daarvan om sy roman, Loeriesfon­tein se mense, wat verlede jaar uitgegee is, op radio as ‘n radioverha­al te hoor en wil volgende jaar die moontlikhe­de daarvan ondersoek. “Daar is nog kortverhal­e in my kop en ek sal nie sommer ophou dig nie. Ek staan vieruur soggens op, want dan vloei die gedagtes en is ek op my produktief­ste.” Sy boeke word uitgegee deur Kreativ SA in George. Swanepoel was in sy jonger dae ‘n sakeman. Sy skrywery het begin nadat hy in George afgetree en sy kinders hom aangemoedi­g het om sy lewensverh­aal op te teken.

Hy woon in die bejaarde-afdeling van die Kraaibosch­landgoed waar sy geliefde vrou, Joey, ‘n Alzheimerl­yer versorg word.

 ?? Foto: Alida de Beer ?? Swannie Swanepoel met sy jongste boek, ‘En toe kom die reën’.
Foto: Alida de Beer Swannie Swanepoel met sy jongste boek, ‘En toe kom die reën’.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa