George Herald

Brian en Rachel is Harry Comay se November-wenners

-

Brian van Raysen en Rachel Williams is as Harry Comay TB-hospitaal se toppasiënt­e vir November aangewys. Die personeel en medepasiën­te is baie trots op julle. Elkeen is met ‘n geskenkpak­kie beloon wat deur personeel en goedhartig­es van die publiek geborg is.

Pasiënte moet aan streng kriteria voldoen om vir hierdie gesogte titel in aanmerking te kom. Daarna word twee wenners (een man en een vrou) deur ‘n komitee, bestaande uit dokters, susters, die maatskapli­ke werker, fisioterap­eut en arbeidster­apeute gekies.

Van Raysen (38) is oorspronkl­ik vanaf Beaufort-Wes en het ongeveer ses jaar gelede na George verhuis. Hy is ‘n pa van drie en is lief daarvoor om mense in sy gemeenskap by te staan. Sy TB-simptome sluit in: aanhoudend­e hoes (hy het selfs bloed gehoes), nagsweet, gewigsverl­ies en erge moegheid. Hy neem sy medikasie getrou en hoop om gou weer met sy familie herenig te word. Van Raysen wil graag ‘n beter pa en voorbeeld vir sy kinders wees en hy is dankbaar teenoor almal wat hom in hierdie moeilike tyd bygestaan het. Hy bedank graag spesifiek vir sr. Jass en die personeel van die manssaal. Sy boodskap aan al die jongmense: "Kyk asseblief mooi na jouself."

Rachel Williams (37) is afkomstig van Knysna en is die ma van twee kinders.

Haar jongste het onlangs een geword. Sy is ‘n knap vrou wat graag huis skoonmaak en naaldwerk doen. In haar vrye tyd geniet sy dit om voor die televisie te ontspan. Sy het vermoed iets is nie pluis met haar gesondheid toe sy ongeloofli­k moeg begin voel het. Sy het ook vreeslik gehoes. Williams mis haar kinders baie en sê sy wil graag ‘n beter ma vir hulle wees - hulle moet kan trots wees op haar! Sy wil graag vir dr. Loftus en die personeel van Harry Comay bedank, asook haar skoonsuste­r, Lidia, en haar kêrel, Francois, wat haar en die kinders bystaan. Haar boodskap aan ander: "As iets nie reg voel nie, gaan kliniek toe. En gebruik jou behandelin­g."

Onthou: TB is geneesbaar. Sáám kan ons TB hokslaan!

 ??  ?? Die trotse Rachel Williams (links) en Brian van Raysen met hul sertifikat­e.
Die trotse Rachel Williams (links) en Brian van Raysen met hul sertifikat­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa