George Herald

‘Light and Lanterns’ weer in Desember gehou

-

Inwoners en vakansiebe­soekers word genooi om op 21 Desember om 19:30 hul plekke in te neem en mee te doen aan die skouspel van vlotte met kerse wat te water gelaat gaan word by GrootBrakr­ivier. Dit vind plaas vanuit Langstraat oorkant die polisiekan­toor.

Hierdie jaarlikse geleenthei­d bied ‘n oomblik waar daar weggebreek word van die daaglikse gewoel, waar families en vriende met kombers en piekniekma­ndjies langs die rivieroewe­r uitspan. Vanjaar kan die boodskapka­artjies en kerse (R20) vanaf 12 November by Total Groot-Brakrivier, @ Home Baking in Langstraat, of Groot-Brak-mark by die museum se inligtings­tafel aangekoop word. Boodskappe en wense word aan die verligte meiboom (maypole) gehang en kerse in houers word teen skemer aangesteek.

“Dié jaarlikse instelling fokus daarop om ‘n inspirasie te wees en die boodskap te versprei dat gesindheid en uitkyk ‘n verskil kan maak. Ons kan almal kies om goed te doen,” sê Laurinda Smit, een van die organiseer­ders. “Geen lanterns sal in die lug opgestuur word nie. Baie streng maatreëls word gevolg om dit so veilig moontlik te maak.” Die kerse sal vir ongeveer ‘n uur en half brand waarna alles bymekaar gemaak en herwin sal word. “Baie herwonne materiaal word ook gebruik om die geleenthei­d moontlik te maak,” sê Smit.

“Om ‘n inisiatief van hierdie omvang ‘n werklikhei­d te maak is ‘n spanpoging met vrywillige­rs wat al druk besig is agter die skerms met nuwe idees. Ons bedank al ons borge vir hul ruim bydraes.”

Rig navrae aan Laurinda

Smit by 082 738 8011 of besoek www.visitmosse­lbay.co.za.

 ??  ?? Verlede jaar se kerse skep ‘n idilliese atmosfeer op die Groot-Brakrivier.
Verlede jaar se kerse skep ‘n idilliese atmosfeer op die Groot-Brakrivier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa