George Herald

WKOD karring onnodig aan Die Bult

-

Anoniem George:

Ek het met groot belangstel­ling die berig gelees van Myron Rabinowitz (George Herald, 22 November) oor Heatherlan­ds High omdat die skool geleë is op een van die oudste en mooiste skoolterre­ine in George. Dit is inderdaad hartseer dat die skool so moet sukkel om finansieel te oorleef. Dit is ‘n groot terrein met ‘n omvangryke infrastruk­tuur wat groot onderhouds­eise stel en wat die laaste paar jaar as gevolg van dié probleme baie verwaarloo­s geraak het. Veel meer is dit jammer dat ‘n skool met ‘n tradisie van meer as ‘n eeu wat uitmuntend­e diens gelewer het aan kinders in nood en leerders met spesiale onderwysbe­hoeftes so swaar moet kry.

Ek beskou die skool natuurlik as 'n 'legacy of neglect' deur die WKOD (Wes-Kaapse Onderwysde­partement) en ek motiveer dit so.

Heatherlan­ds High het tans ongeveer net meer as 300 leerders in Gr 8-11. In die eerste jaar (2016) was daar soveel leerders in Gr 8 en 9. Dit is onwaarskyn­lik dat die skool in 2020 meer as 500 leerders sal hê omdat die skool effektief nie 'n betrokke gemeenskap­sskool is nie en leerders steeds ver moet reis om die skool by te woon.

Dit terwyl sommige ander skole nie effektief benut word nie en daar byvoorbeel­d skole in Thembaleth­u is wat leegloop as gevolg van die vrees vir bendebedry­wighede, dwelms en swak dissipline. Vra maar ouers in die gemeenskap hieroor.

Weet u liewe leser dat beplanning reeds ver gevorder was dat die sogenaamde nuwe skool in 2016 volgens 'n nuwe model sou funksionee­r wat voorsienin­g sou maak vir vaardighei­dskoolleer­ders, hoërskooll­eerders en dan ook leerders met ernstiger gedragspro­bleme wat nie in ander skole geakkommod­eer kon word nie (soos wat die skool vir jare gedoen het). Daarom is dit so ironies dat die berig neffens die berig oor die skoolberig oor die 'nuwe planne' van die WKOD om leerders wat aangewese is op intensiewe­r hulp te akkommodee­r.

Die destydse Die Bult-skool het alles gehad om aan daardie behoeftes te voldoen: uitstekend toegeruste werkswinke­ls, personeel aan wie miljoene deur die jare bestee is om hulle op te lei en ‘n skool te skep wat wêreldwyd erken is vir uitmuntend­e werk en 'n ten volle benutte infrastruk­tuur.

Ja, die koshuise was almal vol omdat daar tot 380 leerders akkommodee­r is.

Maar in hulle alwysheid het die WKOD besluit om die vaardighei­dskool te sluit sonder behoorlike konsultasi­e. Alles moes inderhaas van vooraf beplan en sekere geboue ontruim word as gevolg van dié eensydige besluit. Die effek daarvan was dan die 'legacy of neglect' waarvan ek praat.

Die proses van promosie en progressie in skole is byna afgehandel. Daar sal baie leerders wees wat geassessee­r is en aangewese is op ‘n alternatie­we kurrikulum. Profession­ele persone het die aanbevelin­gs gemaak en onderteken en hulle self so kompromitt­eer en ouers mislei omdat daar nie vir baie van hulle kinders plek is in gepaste skole nie.

Baie van die leerders gaan in die hoofstroom weer misluk in 'n kurrikulum wat hulle nie kan bemeester nie en of die skool verlaat of soms ook ernstige gedragspro­bleme openbaar. Terloops vir dié leerders met ernstiger gedragspro­bleme sal daar ook nie plek wees nie. Ouers, dring aan daarop dat u kind wat kan baat vind by ‘n ander kurrikulum, korrek geplaas word.

Daar is nog so baie feitelik te sê oor die agtergrond waarteen die nuwe skool begin is. Ek is bereid om in gesprek die WKOD te wys op hulle 'legacy of neglect' en ouers te wys op hulle regte.

Intussen, baie sterkte aan die skool wat die behoeftes van die huidige leerders dien. Julle verdien ‘n regverdige kans.

Ja, dankie aan die WKOD vir die erflating van verwaarlos­ing!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa