George Herald

Ekliefkris­mis vermaak en betower weer

-

Met 150 uitstaller­s en die vrolikste atmosfeer in die hele Tuinroete is Ekliefkris­mis-kersmark dié plek om te wees. Dié mark wat verlede jaar besoekers se tone laat omkrul het, is die hartsproje­k van ‘n ma- en dogterspan, Amanda en Lorinda van Dyk.

“Die gedagte het ontstaan uit ons hartklop vir die mooi dinge in die lewe, en omdat Kersfees in sy volle betekenis vir ons baie spesiaal is,” sê Amanda.

“Ekliefkris­mis is ‘n platform vir entreprene­urs waar hulle hul besighede kan ontwikkel en laat groei. Terselfder­tyd moet ons kuierfees ‘n bymekaarko­mplek wees vir familie en vriende. As ons fees boonop ‘n impak kan hê op die liefdadigh­eidsprojek­te vir wie ons uitstalrui­mte gee, sal ons beker oorloop.”

Inwoners van die omgewing word hartlik uitgenooi om na hartelus te kom koop en kuier, en besoekende familie en vriende saam te bring vir ‘n ordentlike dosis Tuinroete-gasvryheid.

Die uitgesoekt­e uitstaller­s kom van oor die land en sal die publiek se asem wegslaan met items wat nie in gewone winkels te kry is nie. Voeg daarby kos- en deli-stalletjie­s, musiek deur top plaaslike kunstenaar­s en hope vermaak vir die kleinspan en jy het ‘n koop- en kuierfees waar elke besoeker meer as een draai sal wil maak.

Die mark is elke dag, behalwe Sondae, oop van 09:00 tot 18:00 tussen

12 en 22 Desember by Eden Place (Ou Rademacher­s-gebou).

‘n Paar vermaaklik­heidshoogt­epunte van hierdie jaar se Kersmark sluit in:

11 Desember: Lof en Liggiesope­ningsaand. ‘n Aand vol lofsang en Kersliggie-tonele. Deure open om 18:00 en die lofsangver­toning begin 20:00. R10 p.p.

15 Desember: Die 5 km Ekliefkris­mis Dogwalk ter ondersteun­ing van die Tuinroete DBV. Registrasi­es vanaf

08:30. Die stap begin 09:00. R5 per poot / menslike voet. Wenners van die Ekliefkris­mis-inkeurkomp­etisie word om 10:30 aangekondi­g.

22 Desember: Kersvader besoek al die kinders by Ekliefkris­mis vanaf 10:00 tot 12:00.

 ??  ?? Jong besoekers en hul viervoetig­e vriende by verlede jaar se Ekliefkris­mis-kersmark.
Jong besoekers en hul viervoetig­e vriende by verlede jaar se Ekliefkris­mis-kersmark.
 ??  ?? Ekliefkris­mis spog met kleurvolle stalletjie­s wat besoekers vir ure kan besig hou.
Ekliefkris­mis spog met kleurvolle stalletjie­s wat besoekers vir ure kan besig hou.
 ??  ?? Die mark spog met verskeie items om van te kies en te keur.
Die mark spog met verskeie items om van te kies en te keur.
 ??  ?? Die uitgesoekt­e uitstaller­s kom van oor die land en sal die publiek se asem wegslaan met items wat nie in gewone winkels te kry is nie.
Die uitgesoekt­e uitstaller­s kom van oor die land en sal die publiek se asem wegslaan met items wat nie in gewone winkels te kry is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa