George Herald

Springbok speel skaak in Turkye

-

Nicola Putter, Eden-skaak se Springbok, het vanaf 20 tot 30 Oktober as deel van die Suid-Afrikaanse skaakspan in Griekeland aan die World Youth Chess Championsh­ip gaan deelneem. Sy was deel van die o.14-dogterspan en het haar uitstekend van haar taak gekwyt. Na 11 uitmergele­nde rondes het sy 72ste uit 137 spelers geëindig - ‘n uitsonderl­ike prestasie, en ook haar persoonlik­e beste. In 10 van die 11 rondes het sy teen spelers gespeel wat hoër as sy gereken is. Sy neem ook tans as lid van die SA span aan die World Youth u. 16 Chess Olympiad in Turkye deel. Die toernooi is vanaf 25 November tot 2 Desember.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa