Mu­siek uit boon­ste rak­ke by BUSH LAPA

George Herald - - Kuns & Vermaak -

Die ge­sel­li­ge Bush Lapa-ve­nue is die ko­men­de va­kan­sie dié plek om te wees vir 'n mu­siek­er­va­ring uit die boon­ste rak­ke met van die land se top­kuns­te­naars op die ver­hoog.

'n Kon­sertreeks met meer as 25 van die land se groot­ste ster­re word van 14 tot 31 De­sem­ber op­ge­dis deur KD Fou­rie, skep­per van die ge­wil­de jaar­lik­se Mu­siek­fees wat ver­le­de jaar 'n de­ka­de ge­vier het. Die heer­li­ke ve­nue waar die fees aan­ge­bied word, is deel van die suk­ses van hier­die jaar­lik­se mu­siek­ge­beur­te­nis.

Die Bush Lapa is 'n suk­ses­ver­haal wat be­gin het met 'n 90-sit­plek bos­kroe­gie waar aan­vank­lik slegs vrien­de by­me­kaar­ge­kom het. KD het daar­in ge­slaag om van die land se room van kuns­te­naars hier­heen te lok - en aan­han­gers het met die voe­te ge­stem. Die fees het met ras­se skre­de ge­groei en die Bush Lapa moes uit­brei en bied van­dag 500 sit­plek­ke, voor­waar 'n plek waar­op Ge­or­gie­te trots kan wees. "Dit is een van die top­vyf ge­lief­koos­de ve­nues wat die land se voor­ste kuns­te­naars baie graag op hul­le toer­ly­sie sit," sê KD.

Van­jaar se bo­nan­za

Van­jaar kan mu­siek­lief­heb­bers weer­eens 'n bo­nan­za ver­wag met die vol­gen­de kuns­te­naars op die pro­gram: Ra­dio Raps (14 De­sem­ber), P­ri­me Ci­r­cle (19 De­sem­ber), Bok van B­lerk (21 De­sem­ber), Mat­thew Mo­le (26 De­sem­ber), Bob­by van Jaars­veld (27 De­sem­ber), Jay en Kar­lien van Jaars­veld (29 De­sem­ber), en Jak­kie Louw en Pie­ter S­mit by die Ou­jaars­aand­par­ty­tjie op 31 De­sem­ber.

"Kaar­tjies is reeds be­skik­baar en ons gee ons plaas­li­ke in­wo­ners kans om nou te koop voor­dat va­kan­sie­gan­gers al­les op­raap. Ra­dio Raps se ver­to­ning is reeds uit­ver­koop," sê KD.

Daar is baie vei­li­ge par­ke­ring. Die Bush Lapa is 'n ge­sel­li­ge, fa­mi­lie­vrien­de­li­ke ve­nue waar ou­ma en ou­pa en die kin­ders wel­kom is.

S­mul­lek­ker e­tes is te koop en gas­te kui­er ge­sel­lig saam om ta­fels na­by aan die kuns­te­naars op die ver­hoog en met 'n groot vuur wat in die ag­ter­grond brand. S­maak­li­ke e­tes voor­be­rei deur die nim­li­ke C­hef Nod­dy en span is te koop. Die twee­de ve­nue van He­rold’s Bay Re­sort, Do­wn to Earthre­stau­rant, is van­jaar daag­liks van­af 17 De­sem­ber oop vir ont­byt, mid­dag­e­te en aand­e­te met ton­ne ver­maak vir kin­ders, le­wen­di­ge mu­siek so­wel as je­ne­wer-, wyn- en boe­tiek­bier-proeë tus­sen 12:00 en 15:00.

Kaar­tjies is mak­lik be­kom­baar deur www. web­tic­kets.co.za, by die He­rold’s Bay Re­sort se ont­vangs self, by e­ni­ge Pick n Pay-tak in Har­ten­bos, Mos­sel­baai en Ge­or­ge met 'n Mo­ney Mar­ket-toon­bank, en by die

Bush Lapa se kaar­tjies-ki­osk by die E­den Me­an­der Li­fe­sty­le Centre.

Kon­tak He­rold’s Bay Re­sort by 044 851 0113 of stuur jou na­vrae aan ad­[email protected] he­rolds­bay­re­sort.co.za.

Mat­thew Mo­le is op 26 De­sem­ber op die Bush Lapa se ver­hoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.