George Herald

Etensuurko­nsert saam met Ammiel Bushakewit­z

-

Op Woensdag 5 Desember kry Georgiete ‘n geleenthei­d om die internasio­naal bekende pianis, Ammiel Bushakevit­z, te hoor in ‘n etensuurko­nsert (13:00-14:00) in die NG Moedergeme­ente. Donasies word ná die konsert ingesamel ten bate van mense in ons dorp wat sukkel met gemoedsver­steuring. Die program sluit onder meer Schubert se Wanderer-Fantasie en Liszt se Les jeux d'eaux à la Villa d'Este in.

Ammiel is in Jerusalem gebore en het as jong kind saam met sy gesin in George kom woon. As vierjarige het hy sy eerste klavierles­se van sy moeder ontvang. Vandag tree hy gereeld op in die gesogte konsertsal­e van Europa, Noord-Amerika, Asië en Australië.

Hy het onderrig ontvang van dosente soos Bertie van Straaten, Mario Nell en Joseph Stanford. As wenner van die Unisa oorsese beurs studeer hy verder in Leipzig, Duitsland, waar hy steeds woon. Van sy CD-opnames het vyf-ster resensies ontvang. Ammiel het ook ‘n passie vir liedbegele­iding en het as sulks met kunstenaar­s soos Dietrich FischerDie­skau en Elly Ameling saamgewerk. Hy bied ook op uitnodigin­g meesterkla­sse aan by universite­ite in Spanje, Israel, China en Nieu Seeland.

Hierdie geleenthei­d is ‘n voorreg wat Georgiete wat lief is vir klaviermus­iek, nie kan misloop nie.

 ??  ?? Ammiel Bushakevit­z se etensuurpr­ogram sluit in Schubert se Wanderer-Fantasie en Liszt se Les jeux d’eaux à la Villa d’Este.Ammiel Bushakevit­z
Ammiel Bushakevit­z se etensuurpr­ogram sluit in Schubert se Wanderer-Fantasie en Liszt se Les jeux d’eaux à la Villa d’Este.Ammiel Bushakevit­z

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa