George Herald

Dames Aktueel hoor van hoop ná dwelmversl­aafdheid

-

Die tema van Outeniqua Dames Aktueel se laaste vergaderin­g was 'Geloof beoefen hoop'.

Die broers Freddie Trout en Wayne Windvogel van Pasa, (People Against Substance Abuse), het die vroue vertel van die skokkende ervarings van hulle kinderlewe op die Kaapse Vlakte.

Hulle hele familie was alkoholist­e, dwelmversl­aafdes en bendelede.

Hulle beleef geweld, geen liefde nie, net verwerping en raak self dwelmversl­aafdes en gangsters, maar God het ‘n plan met hulle lewe. Hy stuur ‘n vrou wat vir Freddie 10 jaar lank kerk toe nooi al wou Freddie haar vermoor het. Hy het selfs twee maal probeer selfmoord pleeg, maar albei broers kom by ‘n kruispad in hulle lewe, neem deur God se genade die regte besluite en eindig in George waar hulle lewe ‘n seen vir die gemeenskap is.

Hulle sê: "Moenie vir kinders sê moenie dwelms gebruik nie - gee vir hulle liefde en hoop en ‘n droom om na te jaag, want God het ‘n plan vir elkeen se lewe."’

Hulle vra ook dat die publiek nooit vir die verslaafde­s by die robotte geld of kos moet gee nie. Pasa help om die verslaafde­s na rehabilita­siesentrum­s te neem en bied aan leerlinge lewensvaar­dighede.

René Uys en Willie Higgs het ook vir die vroue geleer om ‘n hoender te ontbeen en op ‘n feestelike wyse voor te sit.

Skenking aan Emmaüs

Dames Aktueel was ná hulle Vrouedag in September in 'n posisie om ‘n donasie aan Emmaüs en Hoërskool Outeniqua te kon maak.

Vir navrae oor Dames Aktueel, bel Magdaleen Smook by 044 873 6568 of 074 977 1986 of Louie Meyer by 044 874 6523 of 084 525 2130.

 ??  ?? By Dames Aktueel se gesellige aand, van links: Freddie Trout (spreker), Riana Koen (organiseer­der van die aand), René Uys, Willie Higgs en Wayne Windvogel (spreker).
By Dames Aktueel se gesellige aand, van links: Freddie Trout (spreker), Riana Koen (organiseer­der van die aand), René Uys, Willie Higgs en Wayne Windvogel (spreker).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa