George Herald

Tuiniqua-inwoners voel bevoorreg

-

Verlede Saterdag het ‘n groot weldoener Pieter Nel, ‘n klomp kaartjies aan die Tuiniqua-versorging­sentrum se inwoners geskenk om ‘n puik vertoning van Manie Jackson en vriende by te woon. ‘n Klomp inwoners het hierdie geleenthei­d aangegryp en dit terdeë geniet.

“Hulle kon nie uitgepraat raak oor die voorreg nie,” sê Coenie Ritter, voorsitter van die inwonersko­mitee.

“Terwyl dit plaasgevin­d het so kort na Tuiniqua se uiters geslaagde kermis waar die sentrum letterlik oorval is met wonderlike skenkings van produkte en kontant, is dit ‘n wonderlike getuienis van die omgee en goedheid in die harte van George se gemeenskap,” sê Ritter.

“Ek wil namens alle inwoners en bestuur die skenkers opreg bedank. Dit is ‘n wonderlike gevoel om te weet dat ons as ouer inwoners nie as vergete eenkant toe gestoot is nie, maar dat ons nog diep in die harte en gedagtes van die gemeenskap leef.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa