George Herald

Knysna-hengelaars seëvier in somerliga

-

Knysna-hengelklub het by die Edenhengel­vereniging se vierde somerligak­ompetisie op Plettenber­gbaai uitgeblink en met 102.57 punte die eerste plek ingeneem.

Die tophengela­ar van die dag was Renier Nortje (Knysna-hengelklub) met 67 punte en die topjunior was Corner Noble (onder 16), ook van Knysna-hengelklub met 12.38 punte.

Leon van der Mescht van Georgeheng­elklub, met 11.40 punte, was die beste o.21-hengelaar en die topmeester was Jacobus de Jager van Atlantic-hengelklub in George met 15.99 punte.

Henrico Lesch van Outeniqua-hengelklub in George (1.62 punte) was die beste grootmeest­er.

Corner Noble (Knysna) se steenbras van 6,19 kg was die grootste eetbare vis en die swaarste oneetbare vis was 'n swartpylst­ert van 55,36 kg wat deur Regard Lesch (Outeniqua) ingeweeg is.

Altesame 429,72 kg vis is ingekatrol deur die 136 hengelaars wat deelgeneem het. Daar is 41 oneetbare visse gevang en slegs twee eetbare visse.

Al die vis is lewendig teruggepla­as om bewaring te bevorder.

Die posisies van die klubs ná afloop van die vierde ligakompet­isie is as volg:

A-liga

1. Stilbaai (394.76). 2. George (361.35).

3. Atlantic (360.57). 4. Triton (356.77). 5. Knysna (350.98). 6. Outeniqua (335.11). 7. Mosselbaai (145.36).

B-liga

1. Stilbaai (299.85). 2. Triton (242.26). 3. George (206.23)

4. Outeniqua (160.53). 4. Atlantic (152.12). 5. Knysna (110.05). 6. Mosselbaai (103.56).

C-liga

1. George (96.55). 2. Outeniqua (48.79). 3. Knysna (34.75). 4. Atlantic (34.74).

5. Stilbaai (27.85). 6. Triton (7.65).

Die voorste drie hengelaars is:

1. Renier Nortje (164.20). 2. Henry Terblanche (146.99). 3. Renier van Rooyen (123.54 ).

 ??  ?? Regard Lesch van die Outeniqua-hengelklub in George se swartpylst­ert van 55 kg was die swaarste oneetbare vis wat by die Eden-hengelvere­niging se vierde somerliga-kompetisie gevang is.
Regard Lesch van die Outeniqua-hengelklub in George se swartpylst­ert van 55 kg was die swaarste oneetbare vis wat by die Eden-hengelvere­niging se vierde somerliga-kompetisie gevang is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa